Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Crusaders klop stoute Brumbies

Die Crusaders het in Christchurch in die tweede helfte wakker geskrik om die Brumbies met 36-14 ore aan te sit.

Richie Mo’unga storm vorentoe in sy span se sege oor die Brumbies. Foto: Getty Images

Hul plek is nou bo aan die Nieu-Seelandse konferensie verstewig.

Nadat die Brumbies rustyd met 7-0 voor was, het sake drasties ná rustyd verander en die Kiwi’s het vyf drieë ingeryg terwyl die span van Doer Onder se dissipline gekwel het.

Dit was ’n geval van twee verhale met die Brumbies wat in die eerste helfte sake heeltemal oorheers het.

Die Australiese span het vooraf beloof dat hulle die bal gaan rondgooi en dis presies wat hulle toe aanvanklik doen.

Die Brumbies het byna al die gebiedsvoordeel in die eerste helfte geniet en verwoed die Crusaders se doellyn aangeval.

Ten spyte daarvan dat hulle talle kere by die afbreekpunte tweede beste was, kon hulle die mas opkom en toe Owen Franks koelkas toe gestuur is nadat hy vir Henry Speight met die skouer raakgeloop het, kon die Brumbies daaruit munt slaan.

Christian Lealiifano het ná etlike minute waar die Brumbies op die doellyn geboer het deurgeglip om te gaan druk. Hy het toe sommer sy eie drie verdoel om sy span teen lemoentyd met 7-0 te laat voorloop.

Vroeg in die tweede helfte het die Crusaders se linkervleuel Sevu Reece sy span toegelaat om sake gelyk te maak met ’n drie wat deur Richie Mo’unga verdoel is.

En toe vlieg die Brumbies se dissipline by die deur uit.

Eers is die Crusaders se regtervleuel Will Jordan hoog geloop soos wat hy oor die doellyn gegly het vir sy eerste drie, met Toni Pulu wat 10 minute koelkas toe was.

Direk daarna het ’n identiese toneel hom afgespeel toe Jordan in is vir sy tweede drie. Dié slag het die Brumbies egter die geelkaart vrygespring.

Maar toe die Aussies se plaasvervanger-slot, Sam Carter, later ook geel gewys is vir nóg ’n hoë duikslag was die skrif aan die muur.

Jordan Taufua het die bonuspunt vir die Crusaders verseker terwyl Reece sy tweede gaan druk het.

Tevita Kuridrani het ’n klein bietjie aansien vir die besoekers herwin toe hy ’n goeie drie afgerond het, maar dit was nie genoeg om die Brumbies rede te gee om te glimlag oor hul vertoning nie.

* Puntemakers

Crusaders 36 (0): Drieë: Sevu Reece (2), Will Jordan (2), Jordan Taufua. Doelskoppe: Richie Mo’unga (3), Brett Cameron. Strafdoel: Cameron.

Brumbies 14 (7): Drieë: Christian Lealiifano. Tevita Kuridrani. Doelskoppe: Lealiifano (2).

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.