Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Currie brei Grens in CB se Eerste Liga

Lumumba Currie het as afrigter van die Grens-Bulldogs die moeilike taak om dié Oos-Kaapse span vir die Curriebeker se Eerste Liga slaggereed te kry.

Currie, ’n breier wat geakkrediteer is met ’n Vlak 3-kwalifikasie van Wêreldrugby, het die Universiteit van Fort Hare voorheen afgerig.

Lumumba Currie, die Grens-Bulldogs se nuwe hoofafrigter. Foto: Facebook

Hy was ook tot onlangs nog die SA Rugby-akademie-afrigter vir Grens.

Currie, sy bestuurspan en ’n groep spelers sal luidens ’n verklaring van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) tot Desember gekontrakteer word.

Dit sal die groep darem ook die geleentheid bied om vir 2022 se seisoen te begin oefen.

Die Bulldogs het in Augustus 2019 laas in ’n wedstryd gespeel en die unie het ook groot finansiële probleme ondervind.

Saru het egter ingegryp en die unie begin regruk. ’n Finansiële bydrae van die Oos-Kaapse provinsiale regering se departement van sport, kuns en kultuur het die unie ook ’n hupstoot gegee.

Grens se o.20-span sal ook vanjaar weer in aksie wees. Die unie se vroue speel tans reeds in die nasionale provinsiale reeks.

Die Bulldogs se eerste wedstryd in die Eerste Liga is op Saterdag 19 Junie in Oos-Londen teen die Griffons. – Sportredaksie

Meer oor:  Eerste Liga  |  Curriebeker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.