Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Curriebeker: Luiperds moet dalk Kings se tokse volstaan
'n Groepie rugbyondersteuners kyk die wedstryd tussen die OP Kings en die Goue Leeus op Pirates se velde in Johannesburg. Foto: Gallo Images

Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) kan die Luiperds in ’n noodstap promoveer om in die plek van die OP-Kings in vanjaar se Premierliga van die Curriebekerreeks te speel.

Saru bevind hom in ’n skaakmatposisie nadat hy nie betyds geldelike en logistieke oplossings vir die Kings se probleme kon vind nie. Die moontlikheid bestaan juis dat die OP-Kings volgende week weens hul veelbesproke geldprobleme gelikwideer kan word.

Dit lyk nou na ’n uitgemaakte saak dat die OP-Kings nie ’n mededingende span sal kan kies om in die Premierliga te speel nie. Baie van die Kings se voorste spelers het die unie verlaat met die afsluiting van hul Super­rugby-verpligtinge.

Onsekerheid bestaan selfs of die OP-Kings in die Eerste Liga sal meeding. Dit kan beteken dat die OP-Kings in geen interprovinsiale kompetisie sal speel nie.

Saru het nog geen amptelike besluit hieroor geneem nie.

Dít sal beteken dat die Premierliga, sou die Luiperds instem en opskuif, uit agt spanne en die Eerste Liga uit vyf bestaan.

Sedert die Kings hul Super-ligabepalings voltooi het, het spelers soos Steven Sykes (Oyonnax), Shane Gates (NTT Communi­cations Shining Arcs), Louis ­Fouché (Kubota Spears), Jacobie Adriaanse (Blou Bulle), Aidon Davis (Toulon), Philip du Preez, Schalk Oelofse (albei Mont-de-Marsan), Edgar Marutlulle (Bulle), Tom Botha (Cheetahs), Elgar Watts (Griekwas) en Vleis Engelbrecht (Boland) die Baai verlaat.

Die belowende senter Jeremy Ward het ’n kontrak met die Haaie gesluit, terwyl Stefan Willemse hom by die Westelike Provinsie aangesluit het. Ander spelers soos Schalk Ferreira en JC Astle soek ook elders speelkans.

Meer oor:  Op-Kings  |  Luiperds  |  Curriebeker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.