Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
CB-rugby dalk Whiteley se voorland

Warren Whiteley se pad terug na Springbok-rugby gaan waarskynlik deur die Curriebeker-reeks moet loop.

Nadat hy dié Super-seisoen deur beserings bloots gery is en weens ’n knie- en borsspierbesering in slegs enkele wedstryde vir die Leeus kon speel, word die moontlikheid nie uitgesluit nie dat hy die Bok-afrigter, Rassie Erasmus, eers van sy fiksheid in Curriebeker-rugby sal moet oortuig voordat hy oorweeg sal kan word vir die Wêreldbeker-groep.

Die Springbok-agtsteman Warren Whiteley gaan vanjaar onder beserings gebuk en sal moontlik eers in die Curriebeker-reeks moet speel om sy fiksheid te bewys. Foto: Gallo Images

Met die Leeus wat nie vanjaar vir die Super-uitspeelstryde gekwalifiseer het nadat hulle die laaste drie jaar in die eindstryd gespeel het nie, sal hul verteenwoordiging in die Bok-groep waarskynlik yl gesaai wees.

Tans blyk dit dat hoogstens vier Leeus, Malcolm Marx, Aphiwe Dyantyi, Kwagga Smith en Elton Jantjies, deel van Erasmus se planne vir die Rugbykampioenskap sal wees.

Hoewel enkele van die Leeus se Super-spelers in die buiteland gaan speel, behoort die grootste gros van hul Supergroep vir die Curriebeker-reeks beskikbaar te wees.

Dit sal in skrille kontras met die voorafgaande twee seisoene wees, waar hul Curriebeker-seisoen begin het terwyl hulle nog betrokke was by die Superrugby-uitspeelstryde.

Swys de Bruin, die Leeus se afrigter in die Superreeks, het juis ná die laaste wedstryd Saterdag teen die Bulle in Pretoria gesê dat ongeveer “90% van hierdie ouens in die kleedkamer deel van die Curriebeker-opset sal wees”.

"Ek sien dit nie as ’n strukturele probleem nie, want ons het baie hard daaraan gewerk..."

De Bruin sluit hom nou by Erasmus se afrigtingspan as aanval- en agterlyn-konsultant aan, wat beteken daar sal ’n nuwe hoofafrigter vir die Curriebeker-reeks wees.

Die verwagting is dat dit weer soos verlede seisoen die kondisioneringsafrigter, Ivan van Rooyen, sal wees, met Neil de Bruin (agterlyn), Philip Lemmer (voorspelers) en Joey Mongalo (verdediging) as die hulpafrigters.

De Bruin het juis melding gemaak dat daar hard gewerk sal moet word om die verdediging in die Curriebeker-reeks reg te kry.

“Ek sien dit nie as ’n strukturele probleem nie, want ons het baie hard daaraan gewerk, maar dit het net telkens gebeur dat ons duikslae verbrou het. Hierdie afdeling sal baie aandag kry in die Curriebeker-reeks,” verseker hy.

Die Leeus begin juis hul Curriebeker-seisoen op 13 Julie met ’n kwaai uitdaging teen die Pumas op Ellispark.

Die einste Pumas het enkele weke gelede die Goue Leeus XV in die SuperSport-uitdaagreeks op die einste Ellispark ’n groot loesing van 52-26 gegee.

Die Springbokke se eerste toets in vanjaar se Rugbykampioenskap is op 20 Julie teen Australië – ook op Ellispark.

Die Bokke se Wêreldbeker-groep word op 26 Augustus aangekondig.

Meer oor:  Swys De Bruin  |  Warren ­Whiteley  |  Curriebeker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.