Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
CB sit sonder borg, maar sal voortgaan

Suid-Afrika se voorste plaaslike rugbykompetisie – die Curriebeker – sit sonder ’n borg nadat DirectAxis nie sy kontrak hernu het nie.

Die Cheetahs vier hul Curriebeker-triomf in September vanjaar.Foto: gallo

Die maatskappy het in 2016 ’n vierjaarkontrak met SA Rugby gesluit om saam met Nashua die Curriebeker te borg. Nashua se kontrak het in 2018 verstryk en vanjaar was DirectAxis alleenborg vir die toernooi.

’n Woordvoerder van SA Rugby het bevestig dat die vennootskap met DirectAxis ten einde geloop het, maar het die versekering gegee dat die tradisie­ryke toernooi met of sonder ’n borg sal voortgaan.

Die Cravenweek en verskeie ander jeugweke sit ook sonder ’n borg.

SA Rugby het reeds kennis gegee dat dié toernooie slegs mét ’n borg sal voortgaan.

Coca-Cola, wat einde 2018 onttrek het, het SA Rugby sowat R10 miljoen per jaar vir die aanbied van die jeugweke gegee.

Nadat Rapport onlangs berig het oor die jeugweke wat in gedrang is, het SA Rugby belangstelling van verskeie potensiële borge gekry.

SA Rugby onderhandel ook om ’n aantal Springbok-borge te hernu, waaronder die kontrak met die hoofborg, MTN.

Meer oor:  Sa Rugby  |  Curriebeker  |  Kontrak
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.