Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Daan haal heuningkwas uit vir VS

Daan Human, die skrum-afrigter van die Blou Bulle, het die heuningkwas uitgehaal op die vooraand van sy nuwe span se Curriebeker-kragmeting met die Vrystaat-Cheetahs.

Die Vrystater Joseph Dweba tel onder die Cheetahs-voorspelers vir wie die Bulle se Daan Human in sy pasoppens is. Foto: Gallo Images

Human was van 2015 af die Vrystaat-Cheetahs se skrum-ghoeroe, maar het hom op 1 Mei vanjaar heeltyds by die Bulle aangesluit ná hy op ’n leenbasis by hulle in die Superrugby-reeks betrokke geraak het. Hy sal dus in blou wees wanneer die Bulle Vrydag op Loftus Versfeld gasheer vir die Bloemfonteiners speel.

Human is nietemin nog nie so lank weg by die Vrystaters dat hy al vergeet het oor watter potensiaal hulle in die skrums beskik nie. Die Vrystaters, sê hy, het ’n goeie agttal wat nie “sommer terug geskrum word nie.

“Toe die Cheetahs nog in die Superrugby-reeks gespeel het, hoef hulle vir niemand terug te gestaan het nie. Hulle het toe die beste stutte in die land gehad,” sê Human.

Die Blou Bulle sou vandeesweek baie aandag aan hul skrums gegee het nadat die Westelike Provinsie hulle die afgelope Saterdag behoorlik daarin opgedreun het in hul eerste wedstryd van die Curriebeker-reeks.

“Jy kan dink jy weet alles, maar dan word jy weer hard aarde toe gebring,” sê Human oor die wyse waarop hulle op Nuweland met 5-20 die onderspit moes delf. “Kom ons wees eerlik: verlede naweek was nie ons beste vertoning nie.”

Die Bulle sal Vrydag uitdraf sonder die slot Lood de Jager, wat na die Springbokke opgetrek is, en die flank Wian Vosloo (ribbesering), maar Human sê hy “dink ons sal regkom”.

Die twee is onderskeidelik deur Andries Ferreira en Ruan Steenkamp vervang, in ’n Bulle-span wat vyf veranderinge toon.

Human sê daar is teen die Vrystaat (wat in hul eerste wedstryd van vanjaar se Curriebeker-reeks speel) geen beter resep vir sy span as om op te daag en goeie rugby te speel nie.

“Almal werk hard om suksesvol te wees en daar is prosesse wat gevolg word. Dis geen verskoning vir ons nederlaag teen die WP nie, maar prosesse neem tyd.”

Human sê sy agttal het goed gereageer in vandeesweek se oefening en behoort ’n baie beter vertoning te lewer teen die Vrystaat.

“Pote (Human, die Bulle se afrigter) laat jou voel hy weet wat jy doen en saam met Anton Leonard (voorspeler-afrigter) doen ons wat ons moet. Oom Pote het vertroue in wat ek doen en ek het waardering daarvoor.”

Curriebeker-bepalings

Curriebeker-puntelys

Curriebeker-uitslae

Meer oor:  Daan Human  |  Vrystaat  |  Bulle  |  Curriebeker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.