Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
'Daar was wedersydse respek'
Siya Kolisi (Springbok-kaptein) kyk met trots na sy afrigter Rassie Erasmus. Die foto is geneem met hulle terugkoms van Japan nadat hulle die Wêreldbeker-toernooi verlede jaar gewen het. Foto: Gallo Images

Wie sou ooit kon dink het dat Rassie Erasmus, toe hy in 1997 die eerste keer vir die Vrystaat se rugbyspan uitgedraf het, hy hulle in 2004 sou afrig en in 2017 die nasionale span se afrigter sou word?

Wel, dis presies wat gebeur het en die oudste Afrikaanse dagblad in die land, Volksblad was destyds daar, om die reis saam met hom mee te maak.

Hy het twee keer saam met die Vrystaters Curriebeker-glorie as breier (2005 gewen en 2006 gedeel met Blou Bulle) ervaar en die kersie op die koek was toe hy verlede jaar die Wêreldbeker-toernooi in Japan as Bok-breier gewen het.

Vir dié seun van Despatch in die Oos-Kaap was Bloemfontein sy tweede huis en Volksblad ’n bron van inligting, vandat hy die eerste keer in die Rosestad aangekom het.

In die dae voor sosiale media en digitale publikasies was die koerant die plek waar jy die nuus gekry het.
Rassie Erasmus

“Van my studentedae af in Bloemfontein was Volksblad altyd my en my vriende se eerste bron van inligting. In die dae voor sosiale media en digitale publikasies was die koerant die plek waar jy die nuus gekry het – nie net sport nie, maar ook ander belangrike nuusgebeure van die dag,” sê Erasmus.

Dit was nie alles maanskyn en rose in sy dae as speler en afrigter nie, maar hy het ’n goeie verhouding met die koerant gehad.

“Sover as wat ek kan onthou het Volksblad en die unie (Vrystaat) nog altyd ’n goeie verhouding gehad. Die koerant het ’n groot rol gespeel om die publiek in te lig oor die belangrikste rugbysake en ook om die spel in die provinsie te bevorder.

Rassie Erasmus praat met sy troepe in die Curriebeker-wedstryd teen die Westelike Provinsie op Nuweland in Kaapstad. Foto: Gallo Images
Rassie Erasmus (middel) en Helgard Muller (regs) op die dak van die Vrystaat-stadion tydens die Curriebeker-eindstryd in 2006. Dit was die dae toe hy ligte gebruik het om met sy spelers te kommunikeer. Foto: Gallo Images

“Daar was altyd goeie wedersydse respek vir mekaar – aan die rugbykant het ons altyd geweet die koerant dra die spel en die span se belange op die hart, maar die koerant het ook ’n waghond-funksie gehad om objektief te wees oor die spanne se vertonings. En dit het ons as spelers en afrigters altyd gerespekteer.

“Ek sal altyd die lekker rugby-artikels onthou wat daagliks gepubliseer was, en die koerant het altyd iets vir almal gehad om te lees.”

Erasmus sou in September die geleentheidspreker gewees het op Volksblad en die Universiteit van die Vrystaat se jaarlikse Sportsterre-banket.

Meer oor:  Rassie Erasmus  |  Bloemfontein  |  Springbok-Afrigter  |  Volksblad  |  Curriebeker  |  Cheetahs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.