Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Daar’s nie ’n Crous agter elke bos, sê OP-baas

Dis nog te vroeg om te bespiegel wie Charl Crous gaan opvolg as bedryfshoof van die Southern Kings, sê André Rademan, die president van die Oostelike Provinsie Rugbyunie.

André Rademan, president van die OP Rugbyunie, is opgewonde nuwe geleenthede wat vir die Southern Kings voorlê. Foto: Michael Green

Rademan, wat ook die voorsitter van die Kings se uitvoerende raad is, wys daarop dat Crous eers in Junie by die Oos-Kaapse franchise klaarmaak.

Crous sal dan na Dublin in Ierland verhuis om die bedryfshoof van Pro14 Rugby te word.

“Ons sal die vakature wat dan gaan ontstaan binnekort op ons raadsvergadering bespreek en besluit hoe om voort te gaan,” sê Rademan.

“Dit gaan nie maklik wees om iemand te kry om Charl se plek in te neem nie. Hy het die afgelope agt jaar werk van hoogstaande gehalte gelewer.

“Ons sal sy werksywer mis. Hy is baie bekwaam en ek wens hom alle sterkte toe vir die nuwe uitdaging wat op hom wag.

“Dit maak my trots om te dink dat iemand uit die Oos-Kaap so ’n belangrike pos aangebied is.”

Rademan sê dit gee hom gemoedsrus om te weet dat Crous nou vir Suid-Afrikaanse spanne by Pro14 Rugby se hoofkwartier gaan veg.

Wat die aanstelling van ’n nuwe hoofafrigter vir die OP-span betref, wou Rademan min sê.

“Die proses is aan die gang en dit is al wat ek nou wil sê. Mense se loopbane is op die spel en ek wil dit nie in gevaar stel deur voortydige aankondigings te doen nie,” sê hy.

Meer oor:  Southern Kings  |  André Rademan  |  Op Rugbyunie  |  Charl Crous
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.