Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
‘Dam-man’ se raad vir nuwe OP-afrigter

Moenie die plaaslike spelers ignoreer nie!

Dit is ’n bietjie raad wat Vuyani Dlomo, wat jare lank vir die Oostelike Provinsie gespeel het en deesdae ’n klub-afrigter in die Oos-Kaap is, vir die nuwe OP-afrigter het.

Reg vir nog 50 wedstryde vir die OP? Vuyani Dlomo werk deesdae by die Kougadam net buite Patensie. Foto: Verskaf

Die OP het onlangs sy kortlys van vyf kandidate vir dié pos opgestel, met wie daar volgende week onderhoude gevoer gaan word.

“Wie ook al gekies word, asseblief, kyk eers na die plaaslike spelers. Moenie net dadelik ’n klomp ouens van ander unies af invoer nie,” smeek Dlomo byna.

“Hier is moontlike sterre in die Oos-Kaap, gee hulle net ’n kans.”

Dlomo (45) is die afrigter van Patensie Barbarians, wat ook in die OP se Groot Uitdaagbeker-reeks speel en voor die Covid-19-pandemie mededingend was.

“Baie van die spelers in my span is arbeiders. Plaaswerkers. Hulle ken nie iets soos ’n gimnasium nie, maar hulle kan jol,” sê Dlomo.

Hy verstaan dat dit weens klubspelers se werkure moeilik is om by ’n beroepspan betrek te word.

“Ek dink tog dat daar ten minste spelers uit klubs geïdentifiseer kan word, wat dalk kontrakte aangebied kan word,” sê hy.

Vuyani Dlomo in sy speeldae. Hy is deesdae ’n afrigter by die Patensie Barbarians. Foto: Gallo Images

Die ander raad wat Dlomo aan die nuwe afrigter het, is om nie by die plaaslike rugby-politiek betrokke te raak nie.

“Dis in elk geval hoogtyd dat almal in die OP begin om saam te werk. Dis vir my as voormalige OP-speler verskriklik om elke paar jaar te sien hoe val alles uitmekaar,” sê Dlomo.

Hy het begin 2000 vir die OP begin speel (toe oom Nelie Smith nog die OP afgerig het) en het teen 2005 in byna 50 wedstryde vir die span op vleuel of senter uitgedraf.

Hy is daarna vir ’n paar jaar na Griekwas waar hy ook in byna 50 wedstryde vir dié unie in aksie was.

Deesdae is Dlomo ’n senior-opsigter by die Gamtoos-besproeiingsraad, waar hy verantwoordelik is vir die oop- en toemaak van die Kougadam se sluise.

In ’n onlangse artikel op die raad se webtuiste noem Rienette Colesky, die uitvoerende hoof, Dlomo “ons dam-man” en loof sy hom vir sy besonderse toewyding.

Dlomo en sy vrou, Leona, het twee seuns wat nog op skool is.

Meer oor:  Oostelike Provinsie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.