Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Damian lank op krukkelys
Die Stormers sal ’n paar maande lank sonder hul invloedryke senter Damian de Allende oor die weg moet kom. Foto: Getty Images

Kaapstad. – Asof Eddie Jones se kortstondige aanstelling as afrigter nie genoeg was nie, steier die Stormers opnuut voor aanstaande jaar se Superrugby-reeks.

Hierdie keer is die terugslag ’n enkelbesering wat die Springbok-senter Damian de Allende glo tot vier maande op die krukkelys kan hou.

De Allende het sy besering opgedoen in Japan, waar hy in die Suid-Afrikaanse afseisoen vir die Kintetsu Liners gespeel het. Die Japanse seisoen eindig op 31 Januarie en De Allende sou daarna weer by die Stormers ingeskakel het.

Nóg een van die Stormers se sterre, die slot Eben Etzebeth, speel vir die NTT Docomo Red Hurricanes.

Etlike ander Bokke soos die losskakel Handré Pollard, die senter Jesse Kriel, die flanke Marcell Coetzee en Schalk Burger, én die heelagter Willie le Roux speel ook in Japan voordat hulle betyds vir die begin van die Super-reeks terugkeer.

De Allende was vanjaar die Stormers se top-presteerder en het meer verdedigers as enige ander speler in die reeks geklop. Hy is straks die gunsteling wat vroeg volgende jaar as Suid-Afrika se Rugbyspeler van die Jaar aangewys kan word.

Jean de Villiers het boonop sy loopbaan in Engeland voortgesit, en die Stormers se breier, Robbie Fleck, sal dit dalk sterk oorweeg om Juan de Jongh op binnesenter te kies.

De Jongh kan egter namate die Super-reeks einde se kant toe staan in Suid-Afrika se sewesgroep vir die Olimpiese Spele gekies word.

Hy het in die afgelope twee toernooie in Dubai en in die Moederstad beïndruk met sy spel vir die Blitsbokke. Ander opsies vir die Stormers se nr.12-trui is Jaco Taute, Huw ­Jones en Robert du Preez.

Meer oor:  Bokke  |  Stormers  |  Eddie Jones  |  Superrugby-Reeks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.