Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Damian: Sonny Bill spel gevaar vir Bokke

Hulle sal waarskynlik in Saterdag se Wêreldbeker-groepwedstryd in Jokohama aartsvyande wees, maar Damian de Allende het ’n hoë agting vir Sonny Bill Williams as ’n speler én ’n mens.

Kwagga Smith en Damian de Allende sweet op die oefenveld in Japan. De Allende het al klubrugby in die winter in Japan gespeel, maar die hitte en humiditeit van die laatsomer maak hantering moeiliker. Foto: Gallo Images

“Ek geniet my tweestryd met Sonny Bill,” sê De Allende.

“Hy rig ’n ongelooflike uitdaging aan jou op die veld. As jy die uitdaging aangryp, maak dit jou nie net ’n beter rugbyspeler nie, maar ook ’n beter mens van die veld af, aangesien hy baie vir die mensdom doen.

“Ek sien altyd uit na die uitdaging om teen hom te speel. Ek sou nie sê ons is vriende van die veld af nie, maar ons gesels wel vinnig ná toetse.”

De Allende sonder Williams as een van die All Blacks se gevaarspelers uit.

“Hy rig ’n groot uitdaging met sy gawe om in kontaksituasies die bal uit te gee. Hy is groot en sterk in kontak. Hopelik kan ons hom onder druk plaas.”

Die 27-jarige De Allende speel vanjaar in sy tweede Wêreldbeker-toernooi. Hy was ook in 2015 s’n betrokke, dieselfde jaar waarin hy as Suid-Afrika se Superrugby-speler van die jaar aangewys is.

Hy het sover in 40 toetse gespeel. Nege daarvan was teen Nieu-Seeland, wat ’n oorwinning en ’n gelykopuitslag insluit.

“Die opgewondenheid is steeds daar soos in 2015 se Wêreldbeker die geval was. Ek dink nie dít sal ooit verander nie.”

Hy het nie net Wêreldbeker-ervaring nie, maar het van 2015 tot 2017 ook vir die Kintetsu Liners, ’n Japanse klubspan, gespeel.

“Toe ek hier klubrugby gespeel het, was dit in November en die speeltoestande baie verskillend. Dit was kouer en die hantering van die bal was maklik.

“Speeltoestande is nou (die tyd van die jaar) heel anders.”

De Allende geniet Japan en sal in 2020 terugkeer om vir die Panasonic Wild Knights te speel.

De Allende sê die Bokke se aandag is vir eers net op Saterdag se wedstryd in Jokohama gerig.

“Ons aandag is gerig op wat ons in die wedstryd moet bereik. Dit maak nie saak of ons teen Australië, Engeland, Ierland of teen watter span ook al speel nie, ons moet net by ons eie stelsels hou. Ek sê dit met groot respek teenoor almal.”

Sonny Bill Williams vandeesweek by ’n All Black-oefening in Tokio. Hy word hoog aangeslaan deur Damian de Allende. Foto: Gallo Images

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.