Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Dan Carter ‘verroes’ ná klubwedstryd

Die legendariese voormalige All Black-losskakel Dan Carter het Saterdag erken hy is dalk effens verroes nadat hy sy eerste wedstryd sedert 2015 in Nieu-Seeland gespeel het.

Verlede maand is uit die bloute aangekondig die 38-jarige Carter gaan hom aansluit by die Blues, wat in die Kiwi’s se plaaslike Aotearoa-reeks speel.

Dan Carter laat die bal loop tydens Saterdag se wedstryd in Southbridge, Nieu-Seeland. Foto: Getty Images

Niemand het verwag dat die veteraan wat sy land in 112 toetse tussen 2003 en 2015 verteenwoordig het, dadelik speelkans sal kry nie. En hy het ook vroeër gesê hy sal ’n paar weke nodig hê om homself op te skerp. Hy het toe Saterdag ’n wedstryd vir Southbridge, sy ou klubspan, op dié se tuisveld gespeel.

“As enigiemand die wedstryd vandag gekyk het, sal ek self erken dat ek effens verroes is,” het Carter ná die tyd aan verslaggewers gesê.

“Dit is goed om die eerste stappie te neem om moontlik weer te speel. Ek is nie seker of ek reg is om weer op Superrugby-vlak te speel nie. Daardie soort besluite is iets wat jy vir die afrigters los.

“Ek is nie te bekommerd of ek speel of nie. Ek sal daardie besluit los vir Leon (MacDonald, breier van die Blues) en die keurders.”

Carter is drie maal (2005, 2012 en 2015) in sy loopbaan as Wêreldrugby se Speler van die Jaar vereer en was ook deel van die All Blacks wat in 2011 en 2015 die Wêreldbekertoernooi gewen het.

Hy het by die Blues aangesluit nadat hy ná 2015 se toernooi in Frankryk en Japan gaan speel het. Weens die Covid-19-pandemie wat sportbyeenkomste wêreldwyd tot stilstand gebring het, en ’n nekoperasie, was Carter die afgelope 18 maande maar min op die rugbyveld. – Reuters

Meer oor:  Blues  |  Nieu-Seeland  |  Dan Carter  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.