Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Danie Gerber: Kies 1ste vir Cheslin vir WB

Kies eers vir Cheslin Kolbe en dán die res van die wêreldbekerspan, sê die Doring van Despatch.

Danie Gerber is vandeesweek die fokus van Netwerk24 en VIA se rugbyprogram Groen en Goud. Met die Rugbywêreldbeker om die draai, vier dié televisieprogram Suid-Afrika se Springboklegendes se kleurryke loopbane.

“Weet jy van wie ek baie hou, is hierdie Cheslin Kolbe. Hy is vlugvoetig. Hy is ’n gamebreaker. Ek kies eers hom en dan kies ek die ouens saam met hom vir die World Cup, maar ek dink ons kan ’n baie goeie span op die veld sit. Baie mededingend.”

Danie Gerber. Foto: Verskaf
Danie Gerber / Foto: Verskaf

Die Springbokke staan ’n goeie kans om die Wêreldbeker-rugbytoernooi te wen.

“Maar dis baie gelykop. Enigeen van die spanne kan mekaar op die dag wen.”

Hy kyk rugby, “maar nie baie nie”.

“Die Superrugbyreeks het vir my net te veel geraak. Ek raak partykeer aan die slaap. Ek dink die ding sal weer lekker raak as jy die All Blacks hier kan kry vir vier toetse en dan nog ’n land in dieselfde jaar.”

  • Skakel Vrydag om 17:30 op VIA (kanaal 147 op DStv) in om die episode oor Gerber te kyk.
Meer oor:  Via  |  Danie Gerber  |  Bokke  |  Toetsrugby  |  Springbokke  |  Wêreldbekerrugby  |  Groenengoud
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.