Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Dapper Blitsbokke klop Fidji

Danksy ’n manhaftige vertoning het die Blitsbokke Saterdag daarin geslaag om Fidji in hul laaste groepwedstryd in die sewestoernooi in Singapoer te klop.

Die Blitsbokke vier hul oorwinning. Foto: Gallo Images

Suid-Afrika het drie drieë gedruk om met 17-7 te wen in ’n klipharde wedstryd.

As die Blitse se afrigter, Neil Powell, van sy troepe gevra het om ietsie ekstra te lewer, is dit presies wat hulle teen die Fidjiane gedoen het.

Branco du Preez wat ’n bal by ’n skrum gaps, Ryan Oosthuizen wat omgekeerde besit verseker en soos ’n tier verdedig. Om maar net twee voorbeelde te noem.

Vir die Blitsbokke, wat hul groep onoorwonne afgesluit het, is die oorwinning ’n belangrike sielkundige inspuiting.

Suid-Afrika kom Sondag om 05:30 (SA tyd) in die kwarteindronde teen Samoa, wat tweede in Groep D klaargemaak het, te staan.

Slaag Suid-Afrika om die Samoane te wen, wag ’n ontmoeting met Amerika of Argentinië in die halfeindronde.

Skotland het vroeër vir ’n effense opskudding gesorg deur die Fidjiane met 19-12 te klop.

Puntemakers:

Suid-Afrika 17 (5): Drieë: Stedman Gans, Kurt-Lee Arendse, Werner Kok. Doelskop: Selvyn Davids

Fidji 7 (0): Drie: Livai Koroigasagasa. Doelskop: Vilimoni Botitu

Meer oor:  Neil Powell  |  Branco Du Preez  |  Singapoer  |  Sewesreeks  |  Fidji  |  Blitsbokke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.