Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Dapper Davids teken vir 3 jaar by Kings

Die veelsydige Italiaanse voorspeler Dries van Schalkwyk is een van die Kings se versterkings vir die Pro14-reeks, maar in die Baai word nog hard gespook om ’n groep mededingende spelers vir dié Europese kompetisie bymekaar te kry.

Vir Deon Davids, hul afrigter, moet dit soos déjà vu voel, want skaars twee jaar gelede was hy in dieselfde bootjie toe die Kings spelers gesoek het vir hul terugkeer na die Superrugby-reeks.

Deon Davids. Foto: Werner Hills

Maar, soos in 2016, word hy nie afgeskrik deur die enorme taak wat op hom en sy bestuurspan wag nie.

Inteendeel, hy het ’n kontrak van drie jaar onderteken om die Kings te help om ’n vastrapplek in die Pro14-reeks te kry. En ondanks sy min hulpbronne en yl spelerskorps, is hy vasbeslote om van dié hengse taak ook ’n sukses te maak.

Die Kings se eerste wedstryd is op 2 September in Llanelli teen die verdedigende kampioen, die Scarlets van Wallis.

“Ons moet nou weer herbou,” het Davids gesê.

Verskeie spelers, wat onder hom tot hul reg gekom het in die Super-reeks, het die franchise verlaat.

Net 15 spelers van die Super-groep het in die Baai agtergebly.

“Ons moet daai lesse van 2016 en 2017 nou gebruik om dinge reg te kry. Dis ’n moeilike taak en ons besef dit sal ’n proses wees,” het Davids gesê.

Hy het bevestig dat die Kings by elke liewe provin­siale unie in die land sal aanklop om spelers, wat nie in die Curriebekerreeks betrokke is nie, te leen.

“Ons sal doelwitte moet stel en as ’n groep ’n duidelike visie moet hê. Dit is belangrik om eers die groep bymekaar te kry en dan eers te begin planne maak.

Hendrik Cronjé berig Van Schalkwyk sal hom dié maand uit Italië van die klubspan Zebre af by die Oos-Kapenaars aansluit.

Sy ondervinding van Europese toestande en kennis van die ander spanne in die Pro14 sal van groot waarde vir die Kings wees.

Dries van Schalkwyk. Foto: Getty Images

Dié 32-jarige boorling van Bloemfontein het in 2009 ’n kort rukkie in die Baai gewoon en verskeie wedstryde dáár as ’n voormalige Vrystater, Bolander, Leeu en Blou Bul gespeel.

Hy is een van verskeie spelers met wie die Kings onderhandel.

Rudi van Rooyen, onderskatte skrumskakel van Griekwas, kan binnekort uit Kimberley terugtrek na Port Elizabeth waar hy vroeër vanjaar sy Superrugby gespeel het.

Die Puma-voorspeler

Stephan Greeff kan sy Pro14-buiging vir die Kings maak as sy onderhandelinge suksesvol verloop.

Stephan Greeff kan sy Pro14-buiging vir die Kings maak as sy onderhandelinge suksesvol verloop.

Die vleuel Danie Poolman het ’n aanbod uit die Baai gekry. Hy moet nou besluit of hy in Ierland bly en of hy na Suid-Afrika terugkeer.

Twee bekende hakers, Scarra Ntubeni en Mike Willemse, tel ook onder die spelers wat die Kings nou probeer oorreed om in die Pro14 te speel.

Die Westelike Provinsie het Ntubeni se salaris onlangs verminder. Dit is ’n vroeë aanduiding dat hy in die nabye toekoms kan skuif.

Willemse was ’n gelukkige Superrugby-spanlid van die Kings voordat hy hom voor die Curriebeker-reeks by die Leeus aangesluit het. Die Kings sal weer op hom in die Pro14 wil staatmaak.

Meer oor:  Dries Van Schalkwyk  |  Pro14
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.