Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Davids dalk troef van Blitse by Spele
Angelo Davids sal as haker vir die Blitse op die veld draf.

Om sy span meer skietgoed vir die Olimpiese Spele te gee, het Neil Powell, Blitsbok-afrigter, besluit om een van sy beste aanvallende wapens as ’n haker te versool.

Die vleuel Angelo Davids sal straks as haker vir die Springbok-sewesspan uitdraf en dié blits is oorgehaal om van die skuif ’n sukses te maak.

Dit sal die Blitse die geleentheid bied om moontlik ’n ekstra voorspeler in hul Olimpiese groep te kies, met Davids wat straks tussen die voor- en agterspelers geskuif kan word, sou dit nodig wees.

Die Davids-skuif kom egter nie as ’n verrassing nie nadat Powell al voorheen in dié rigting gesinspeel het met die oog daarop om sy span op die aanval te versterk.

Tog kon hy weens die Covid-19-pandemie en beserings aan van sy vleuels nog nie die blits in die skrum loslaat nie.

Met die meeste van sy spelers nou fiks, het Powell die afgelope naweek in wedstryde teen die Leeus-sewes en die All Star-rugbyakademie sy kans gekry om te waag.

“Ek is bereid om die opoffering te maak, nie net vir myself nie, maar ook vir my spanmaats,” het Davids gesê.

“Dit gaan my ook net help om my arsenaal, wat sewesrugby betref, te versterk. Dit beteken dat ek haker ook sal kan speel, maar ook die opsie het om vleuel te dek as dit nodig is.

“Dit is lekker om myself ’n voorspeler te kan noem.”

Meer oor:  Olimpiese Spele  |  Haker  |  Angelo Davids  |  Blitsbokke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.