Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Davids: Kings gaan lank sukkel

Die Southern Kings se breier, Deon Davids, het Vrydagaand vir die sestiende keer in ’n ry gesit en kyk hoe sy span aftjop in die Pro14-reeks.

En ná ’n reuse-nederlaag van 64-7 teen Leinster in Dublin was hy nie lus vir diplomaties wees of doekies omdraai nie.

Die Oos-Kaapse span het nooit regtig ’n kans gestaan om hulself te laat geld in die Pro14-reeks nie, sê Davids.

“Dit is moeilik in so ’n kompetisie – nie net omdat ons nuwe spelers het nie, maar ook nuwe personeel. Ek haal my hoed af vir my spelers dat hulle steeds aanhou probeer,” sê Davids.

Nadat die Kings verlede jaar uit die Superrugby-reeks geskop is, het die meeste van hul spelers koers gekies en moes Davids raap en skraap om ’n span bymekaar te kry. Boonop het die Oostelike Provinsie, wat die logiese bron van spelers is, nie in die Curriebeker se Premierliga nie, maar in die Eerste Liga meegeding.

“Daar is geweldige diepte by die ander spanne in die Pro14-reeks. Kyk byvoorbeeld na Leinster. Dit is ’n span wat toegang het tot baie beter hulpbronne as ons,” sê Davids.

“Al die ander spanne kom uit voorseisoene uit, terwyl ons die hele tyd besig is om op te vang. Ons is egter in dit en moet die beste daarvan maak,” sê Davids.

Hy voeg egter by dat dinge omgedraai kan word. “Dit gaan ’n hele paar jaar vat om die span te herbou. As ons dit wil regkry, gaan ons toegang tot beter finansiële hulpbronne moet hê,” sê Davids.

Davids het ook gesê hy hou steeds sy spelers verantwoordelik vir hul vertonings.

  • Bryan Byrne (2), Nick McCarthy (2), Barry Daly (2), Dave Kearney, Ciaran Frawley, James Lowe, Jordan Lamour. Doelskoppe: Frawley (7).
  • Michael Willemse. Doelskop: Martin du Toit.
Meer oor:  Southern Kings  |  Leinster  |  Pro14-Reeks  |  Deon Davids  |  Breier
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.