Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
De Beer: Bokspan ‘1 van 6’ wat kan wen

Wie ook al vanjaar se Wêreldbeker-rugbytoernooi in Japan wil wen, sal deurlopend goeie rugby moet speel, sê die voormalige Springbok-losskakel Jannie de Beer.

Jannie de Beer by Agri Limpopo se kongres in Modimole. Foto: Sarel van der Walt

De Beer, wat in die 1999-toernooi vyf skepdoele in die kwarteindstryd teen Engeland in Parys deur die pale gejaag het om die Springbokke te laat wen, sê vyf of ses spanne het die potensiaal om die toernooi te wen – die Springbokke, All Blacks, Wallis, Ierland, Engeland en Australië.

“Dit is nie meer ’n geval dat almal speel net om die eindstryd teen die All Blacks te haal nie. Enigiets kan gebeur,” sê De Beer.

Hy het baie hoop vir die Bokke en sê hulle het ’n goeie kans om soos in 1995 en 2007 met die louere weg te stap.

“Myns insiens is die Bokke, die All Blacks, Wallis en Ierland die groot gunstelinge, maar Engeland en die Wallabies kan dalk verras.

De Beer was Dinsdag ’n spreker op Agri Limpopo se kongres in Modimolle.

Hy het aan Netwerk24 gesê die krag van wêreldrugby is nie meer net in die Noordelike of die Suidelike Halfrond gekonsentreer nie. “Dit is nou wyd versprei.

Dit is nie meer ’n geval dat almal speel net om die eindstryd teen die All Blacks te haal nie. Enigiets kan gebeur.

“Dié gaan nie ’n maklike toernooi wees nie en elke span sal deurentyd op sy beste moet wees om te wen.

Siya Kolisi teen Argentinië in aksie op Loftus Versfeld in Pretoria. Hy het volgens Jannie de Beer gewys hy’s reg vir die Wêreldbeker-toernooi, nadat hy lank las gehad het van ’n kniebesering. Foto: Gallo Images

“Ek is opgewonde oor die balans en die diepte wat die Bokke het. Daar is baie opsies en ons het in omtrent elke posisie diepte,” sê De Beer.

“ ’n Jaar gelede was ek bekommerd omdat die Bokke nie vier, vyf wedstryde ná mekaar kon wen nie. Vanjaar het hulle dit reggekry om nie net te wen nie, maar ook ook die vlak van hul spel te verhoog.

“ ’n Jaar gelede was ek baie bekommerd oor ons diepte op skrumskakel. Ek was bekommerd oor wat sou gebeur as iemand soos Faf (de Klerk) seerkry.

“Nou het ons skielik drie uitstekende skrumskakels – De Klerk, Herschel Jantjies en Cobus Reinach.

“Reinach het die naweek dalk nie beste wedstryd gehad nie, maar dit kan toegeskryf word aan die feit dat ons voorspelers nie oorheers het nie.

“Hy bly ’n uitstekende skrumskakel, wat die verdediging met ’n goeie breekslag op die agtervoet kan hê,” sê De Beer.

Hy sê drie spelers het na sy mening in die toets teen die Argentyne op Loftus Versfeld in Pretoria hul hande opgesteek.

“Ek was beïndruk met die spel van Siya Kolisi (flank), Vincent Koch (vaskopstut) en Sbu Nkosi (vleuel). Kolisi het gewys hy is weer reg,” sê De Beer.

Meer oor:  Bokke  |  Springbokke  |  Wêreldbekerrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.