Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
De Jongh lei WP; strydros Fourie terug

Die voormalige Springbok-senter Juan de Jongh is as die Westelike Provinsie se kaptein aangewys vir Vrydag se Curriebeker-wedstryd teen die Blou Bulle op Nuweland, terwyl Deon Fourie, ná sy terugkeer uit Frankryk, as ’n plaasvervanger gekies is.

Deon Fourie spog met die Curriebeker nadat hy die Westelike Provinsie in 2012 se eindstryd aangevoer het. Hy is terug by die WP ná etlike seisoene in Frankryk. Foto: Gallo Images

De Jongh (33) vervul die leiersrol weens ’n besering aan die gereelde kaptein, Ernst van Rhyn.

Fourie vier in September sy 35ste verjaardag, maar daar word geglo dat daar veral in die rol van baljagterflank waarde uit hom ontgin kan word. Hy kan ook haker speel en daardie veelsydigheid kan van hom ’n waardevolle speler in die res van die CB-reeks en die Verenigde Rugbykampioenskap maak.

Warrick Gelant, wat vir lank met ’n ernstige kniebesering buite aksie was, is op ’n lys spelers waaruit die plaasvervangerbank gefinaliseer gaan word. Die WP speel tans sonder ’n spesialis-heelagter, maar dis ’n ope vraag of Gelant ná so ’n lang afwesigheid gereed is om by die diepkant ingegooi te word. Sergeal Petersen bly vir eers in die laaste vesting.

Westelike Provinsie: Sergeal Petersen, Seabelo Senatla, Juan de Jongh (k), Dan du Plessis, Edwill van der Merwe, Tim Swiel, Paul de Wet, Evan Roos, Johan du Toit, Nama Xaba, JD Schickerling, David Meihuizen, Neethling Fouché, Scarra Ntubeni, Leon Lyons. PLAASVERVANGERS (uit): André-Hugo Venter, Dian Bleuler, Sazi Sandi, Deon Fourie, Simon Miller, Godlen Masimla, Chris Schreuder Rikus Pretorius, Warrick Gelant, Marcel Theunissen.

Juan de Jongh is die Westelike Provinsie se kaptein vir Vrydag se wedstryd teen die Blou Bulle op Nuweland. Foto: Gallo Images

Meer oor:  Westelike Provinsie  |  Wp  |  Bulle  |  Curriebeker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.