Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
De Swardt (25) pak sy rugbystewels weg
Albé de Swardt

Die voormalige haker van die OP Kings, Albé de Swardt, het in die jeugdige ouderdom van 25 jaar besluit om sy stewels weg te pak.

De Swardt het verlede jaar baie met heup- en liesbeserings gesukkel.

Volgens hom kon die probleem begin het toe hy in 2011 ’n dyspierbesering opgedoen het terwyl hy vir die Westelike Provinsie gespeel het.

“Dit het veroorsaak dat die regterbeen later oorwerk geraak en begin probleme gee het,” het hy gesê.

Nadat hy onlangs ’n spesialis besoek het, het hy besluit om eerder op te hou rugby speel.

De Swardt, wat 24 keer vir die Kings gespeel het, het in 2011 ook een keer vir die WP gespeel.

In 2012 het hy vir L’Aquilla in Italië gespeel voor hy in 2013 vir die Madibaz in die Varsitybeker-reeks uitgedraf het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.