Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Desperate All Blacks pos groot name

Die ervare All Blacks Owen Franks en Ben Smith, asook die driedrukmasjien Rieko Ioane, het die trekpas gekry vir Saterdag se beslissende Bledisloebeker-toets teen Australië in Auckland.

Die ervare Ben Smith, wat vanjaar uit posisie uit deur die All Blacks ingespan was, speel nie Saterdag teen die Wallabies nie. Foto: Getty Images

Stuff berig Nieu-Seeland se afrigter, Steve Hansen, wat die kragmeting as ’n “massiewe, moet-wen-toets” beskryf, het die versoeking weerstaan om te veel aan die span te torring wat verlede week in Sydney met 47-26 deur die Wallabies afgestof is.

Die ander twee veranderinge behels Sonny Bill Williams wat die beseerde Jack Goodhue in die nr. 12-trui vervang en die slot Patrick Tuipulotu wat in die geskorste Scott Barrett se plek speel.

George Bridge (drie toetse) en Sevu Reece (een) staan onderskeidelik Ioane en Smith se plek op die vleuels vol, met Anton Lienert-Brown wat na buitesenter skuif om vir Williams plek te maak.

Voorlangs neem Nepo Laulala, met 19 toetse, oor by Franks op vaskopstut.

Nie Franks (107 toetse), Smith (79) of Ioane (26) het plek gekry op die plaasvervangersbank nie.

* Die Wallabies se afrigter, Michael Cheika, het ’n onveranderde span aangekondig, behalwe vir een skuif wat deur ’n besering genoop is.

Die slot Adam Coleman vervang Rory Arnold wat sy hand in Sydney seergemaak het.

Die Bledisloebeker-reeks, wat jaarliks tussen die All Blacks en Wallabies beslis word, is sedert 2003 in Kiwi-besit.

Die Aussies moet Saterdag seëvier om die trofee te wen omdat ’n gedeelde reeks beteken die verdedigende kampioen behou die titel.

Die Wallabies het die All Blacks laas in 1986 op Eden Park geklop en al 18 toetse op dié veld sedertdien verloor.

* Spanne:

Nieu-Seeland: 15 Beauden Barrett, 14 Sevu Reece, 13 Anton Lienert-Brown, 12 Sonny Bill Williams, 11 George Bridge, 10 Richie Mo’unga, 9 Aaron Smith, 8 Kieran Read (k), 7 Sam Cane, 6 Ardie Savea, 5 Sam Whitelock, 4 Patrick Tuipulotu, 3 Nepo Laulala, 2 Dane Coles, 1 Joe Moody. PLAASVERVANGERS: 16 Codie Taylor, 17 Ofa Tu’ungafasi, 18 Angus Ta’avao, 19 Jackson Hemopo, 20 Matt Todd, 21 TJ Perenara, 22 Ngani Laumape, 23 Jordie Barrett.

Australië: 15 Kurtley Beale, 14 Reece Hodge, 13 James O’Connor, 12 Samu Kerevi, 11 Marika Koroibete, 10 Christian Lealiifano, 9 Nic White, 8 Isi Naisarani, 7 Michael Hooper (k), 6 Lukhan Salakaia-Loto, 5 Adam Coleman, 4 Izack Rodda, 3 Allan Alaalatoa, 2 Tolu Latu, 1 Scott Sio. PLAASVERVANGERS: 16 Folau Fainga’a, 17 James Slipper, 18 Taniela Tupou, 19 Rob Simmons, 20 Liam Wright, 21 Will Genia, 22 Matt Toomua, 23 Adam Ashley-Cooper.

– Sportredaksie

Meer oor:  Toetsrugby  |  Wallabies  |  All Blacks  |  Bledisloebeker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.