Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Dewey Swartbooi UJ se nuwe breier

Dewey Swartbooi gaan die Universiteit van Johannesburg (UJ) in 2019 se Varsitybeker-rugbyreeks afrig.

Hy neem die leisels oor by Werner “Skollie” Janse van Rensburg, wat die span sedert 2013 afgerig en onlangs sy bedanking ingedien het.

Dewey Swartbooi is die nuwe afrigter van die Universiteit van Johannesburg se rugbyspan. Foto: Argief

Die 36-jarige Swartbooi het in 2017 die nuus gehaal toe die Blou Bulle hom weens ’n afleggingsproses die deur gewys het. Hy is vroeër vanjaar weer by die unie aangestel en was hulpafrigter van die unie se o.19-span.

“Die grootste uitdaging is om te sien watter spelers tot my beskikking is, aangesien die ouens volgende week reeds met vakansie gaan,” sê Swartbooi.

Hy hoop om vandeesweek van sy kontrak met die Blou Bulle vrygestel te word, sodat hy Maandag in die Goudstad kan aanmeld.

UJ kon nog nooit die eindstryd van dié studentekompetisie haal nie, maar Swartbooi sê hy sien kans vir die uitdaging.

Jy rig tog af om beter te wees, om mededingend te wees en nie net deel te neem nie.
Dewey Swartbooi

“Ek wil ’n verskil maak. Skollie het ’n Springbok (die vleuel Aphiwe Dyantyi) en baie spelers vir die Leeus opgelewer. Jy rig tog af om beter te wees, om mededingend te wees en nie net deel te neem nie. Dit is maar altyd in ’n mens se agterkop om die halfeindronde of eindstryd te haal.”

Swartbooi het in sy speeldae spanne soos die Bulle, die destydse Cats en die Boland verteenwoordig.

Hy het in 2015 die Boland se senior span afgerig, voordat hy na Pretoria verhuis het.

“Die baie reëls in die Varsitybeker gaan ook ’n uitdaging wees, soos byvoorbeeld die hoeveelheid tweedejaarstudente wat in jou span moet wees. Ek hoop die ouens sal my die eerste ruk help om my voete te vind.”

Swartbooi is nog onseker wie almal in sy afrigtingspan gaan wees. “Ek weet nog nie watter magte ek gaan hê nie,” sê hy.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.