Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Dié 3-tal kan dalk weer in SA speel

Drie Suid-Afrikaners wat tans hul rugby oorsee speel, Derick Minnie, Dries van Schalkwyk en Danie Poolman, kan straks terugkeer Suid-Afrika toe om vir die Kings of Cheetahs in die Pro14-reeks te speel.

Derick Minnie kan straks na Suid-Afrika terugkeer. Foto: Gallo Images

Nadat hulle die afgelope twee maande nie ’n salaris deur die sukkelende Italiaanse klubspan Zebre betaal is nie, is Minnie (flank) en Van Schalkwyk (Italiaanse losvoorspeler en slot) op soek na ’n nuwe werkgewer. Hulle het klousules in hul kontrakte wat hulle van hul verpligtinge teenoor die klubspan vrystel sou hulle nie vergoed word nie.

Poolman (vleuel) se kontrak met die Ierse klubspan Connacht het klaargemaak. Sy onderhandelinge met ’n Japanse klubspan het ook nie uitgewerk nie.

Die Cheetahs en Kings se deelname aan die Pro14, van September af, maak dit skielik vir die drietal weer moontlik om binnekort vir ’n Suid-Afrikaanse span te speel.

Minnie was in 2016 nog deel van die Leeus. Poolman het die Stormers in 2012 se Superreeks verteenwoordig en Van Schalkwyk het dieselfde jaar nog vir die Cheetahs gespeel.

Die Cheetahs se diepte sal vanjaar behoorlik getoets word. Die bepalings van die Pro14 en die Curriebeker-reeks oorvleuel, wat ’n onbekende uitdaging aan die Cheetahs rig. Springbok-verpligtinge kan nog druk op die Cheetahs se spelerdiepte plaas.

Onsekerheid bestaan selfs of die Cheetahs daarin sal slaag om die flank Tier Schoeman te behou. Die Bulle stel in sy handtekening belang, ofskoon Franco Smith vasbeslote is om hom vir die Vrystaters te behou.

Die Kings is in ’n slegter posisie as die Cheetahs. Hulle neem vanjaar wel in die Eerste Liga van die Curriebeker deel, maar is feitlik al hul groot name kwyt ná die Superreeks.

Meer oor:  Pro14  |  Dries Van Schalkwyk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.