Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Die All Blacks het ‘g’n respek’ betoon

Steve Hansen, afrigter van die All Blacks, is gekap vir sy besluit om die senter Ryan Crotty van die veld af te haal en Nieu-Seeland se toets teen Tonga die naweek met 14 spelers te voltooi.

Die All Black-senter Ryan Crotty (regs) is voor die einde van sy span se toets teen Tonga van die veld gehaal sonder dat ’n plaasvervanger opgestuur is. Foto: Getty Images

Die Kiwi’s het in daardie stadium met 92-0 voorgeloop, so Hansen het dit dus as ’n geleentheid beskou om te eksperimenteer met die Wêreldbekertoernooi wat binnekort in Japan afskop. Tonga het inderdaad in daardie tyd ’n drie gaan druk om die eindtelling 92-7 te maak.

Rugby365 berig ’n groep voormalige spelers en rugbykenners het sedertdien die besluit bevraagteken en meen Hansen het ’n gebrek aan respek aan Tonga betoon.

Baie rugbyaanhangers deel hierdie mening en beskuldig die afrigter van arrogansie.

Dit is ongehoord in toetsrugby om met opset ’n wedstryd met 14 spelers te voltooi. Hoewel die kragmeting reeds gewonne was, word dit beskou as minagtend en onregverdig teenoor die toeskouers wat betaal het om die toets by te woon.

Daar is egter ook diegene wat Hansen se besluit steun en meen die doel van die opwarmingswedstryd was juis om die spelers te toets.

Daar word geargumenteer dat die All Blacks hulle moontlik in ’n wedstryd in die toernooi kan bevind in ’n situasie waar hulle met 14 spelers moet klaarkom en Hansen was reg om hulle daarop voor te berei.

Crotty het ook teruggekeer ná ’n besering en dit was ’n geleentheid om die speler ’n blaaskans te gee terwyl Hansen sy span getoets het.

Wat is jou mening? Hier is ’n klompie voorbeelde van wat sover daaroor gesê is:

– Sportredaksie

Meer oor:  Ryan Crotty  |  Steve Hansen  |  Toetsrugby  |  All Blacks  |  Wêreldbekerrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.