Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Dié Blitse moet SA se WB-droogte breek

Sal die ervaring wat opgedoen is in die verowering van die Wêreld-sewesreeks vanjaar vir iets tel in ’n Wêreldbeker (WB)-drukkoker, of sal jeugdige voortvarendheid help om die Melrose-beker vir die eerste keer ’n staanplek in Suid-Afrika te gee?

Dít is die vraag wat gevra kan word nadat die Blitsbokke se Wêreldbeker-span Woensdag bekend gemaak is.

Uit die 12 spelers wat later vandeesmaand in die Groen-en-goud in San Francisco, Kalifornië, sal diens doen, het slegs een speler, die kaptein Philip Snyman, vorige ervaring van ’n Wêreldbeker-toernooi. Hy sal ook die eerste Blitsbok word om die span in drie Wêreldbeker-toernooie te verteenwoordig.

Dewald Human, oftewel “Japie”, soos hy onder sy spanmaats bekend staan, sal in San Francisco weer een van sy span se giftigste angels wees. Foto: Gallo Images

Die span se gebrek aan Wêreldbeker-ervaring kan natuurlik in die Blitse se guns tel aangesien die “jong” span geen bagasie van vorige mislukkings na Amerika sal neem nie.

Neil Powell, die afrigter, het sy tevredenheid met sy finale groep uitgespreek.

“Die span is gekies met die toernooi in gedagte. Al 12 spelers is goed op dreef en die regte tipe spelers vir die uitklopformaat van die toernooi.”

Om die Wêreldbeker vir die eerste keer in die geskiedenis te verower, nadat sy span ook die Wêreldreeks in twee opeenvolgende seisoene gewen het, sal ’n merkwaardige prestasie wees.

Suid-Afrika se beste vertoning in ’n WB-toernooi was ’n silwermedalje in 1997. Dít steek sleg af teen die span se sukses in die Wêreldreeks.

Die Blitsbokke het vroeër vanjaar teen die verwagting in sy Wêreldreeks-titel met ’n oorwinning in die Parys-toernooi verdedig. Die Blitse moes daar ’n agterstand op die puntelys uitwis om dít te vermag en het onder groot druk kopgehou.

Ons het nie die beste rekord in hierdie toernooi nie, maar ons is ’n baie mededingende span, veral as ons by ons sterkpunte hou
Philip Snyman

Powell sê egter wat daar gebeur het, sal nie noodwendig die span meer woema in die WB-toernooi gee nie.

“In Parys het ons met tye van ons beste en swakste rugby gespeel, wat ons nie sal baat in die Wêreldbeker nie. Ons put egter selfvertroue uit ons voorbereiding en tot dusver het dit regtig goed gegaan.”

Snyman sê op sy beurt die nasionale sewesspan is oorgehaal om die land trots te maak.

“Ons het nie die beste rekord in hierdie toernooi nie, maar ons is ’n baie mededingende span, veral as ons by ons sterkpunte hou.”

Die Blitsbokke se eerste kragmeting sal op 21 Julie teen die wenner van ’n uitdunstryd tussen Chili en Ierland wees.

* Die Blitsbokke se WB-groep is: Ryan Oosthuizen, Philip Snyman (k), Dylan Sage, Zain Davids, Werner Kok, Heino Bezuidenhout, Dewald Human, Rosko Specman, Justin Geduld, Selvyn Davids, Siviwe Soyizwapi en Ruhan Nel.

Meer oor:  Philip Snyman  |  Sewesrugby  |  Neil Pow­Ell  |  Blitsbokke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.