Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Dié 23 Bokke moet All Blacks klop
URAYASU, JAPAN - SEPTEMBER 17: Handre Pollard duri
Die Bok-losskakel Handré Pollard gaan 'n deurslaggewende rol teen die All Blacks speel. Foto: Getty Images

Trevor Nyakane is fiks en in 'n onveranderde 23-tal van die Springbokke behou vir Saterdag se Wêreldbeker-groepwedstryd teen die All Blacks in Jokohama. 

Twyfel het oor die erns van Nyakane se kniebesering bestaan wat hy in 'n toets teen Japan opgedoen het, maar hy het die afgelope paar dae sonder enige ongemak geoefen. Hy is as deel van 'n sterk plaasvervangerbank behou wat groot impak in die Bokke se vorige ontmoeting met die All Blacks in Wellington gemaak het. 

Nyakane, Bongi Mbonambi en Beast Mtawarira het veral uitstekend geskrum in daardie laaste paar minute van die gelykoptoets 16-16 in Wellington waarin die All Blacks tot kort voor die einde nog met 16-9 voor was. 

Rassie Erasmus sou vanweë die verskil wat sy impakspelers in Wellington gemaak het, nie aan sy resep wat sy bank betref wou verander nie. 

Erasmus se 23-tal vir Saterdag se toets in Jokohama is dieselfde as wat teen Japan gespeel het, maar verskil van die een wat in Wellington betrokke was.

Siya Kolisi was weens 'n besering nie toe beskikbaar nie, met Kwagga Smith wat die sestrui in sy afwesigheid gedra het.

Die Bok-afrigter sal weer baie hoop op sy impakbank in Jokohama plaas. Die All Blacks is bekend vir hul sterk eindpogings en as die Bokke hulle wil klop, moet die Suid-Afrikaners se impakbank hul kant bring. 

Francois Louw, een van die spelers op die bank wat vanjaar in daardie laaste paar minute van toetse invloedryk met sy spel was nadat hy in 2017 en 2018 met tye gesukkel het om aan sy eie hoë standaarde voldoen, erken sy rol as impakspeler het nuwe lewe in sy toetsloopbaan geblaas. 

"My rol as impakspeler is 'n verandering, 'n uitdaging op 'n positiewe wyse," het die 34-jarige Louw gesê wat in sy derde Wêreldbeker speel. 

"Ons probeer energie rondom die impakbank skep. Die ouens wat moet opgaan, het nog werk om te doen. 

"Snaaks genoeg was daar die laaste paar toetse 'n paar interessante oomblikke in daardie laaste 15 tot tien minute van 'n toets. Hetsy 'n mens moes vasklou aan 'n oorwinning of moet veg om daardie laaste paar punte vir 'n sege te behaal. 

"Ons plaas 'n groot klem op die bank. Ons wil hê die bank moet ware impak maak en energie verskaf. Hulle moet die (Bokke se) spelpeil lig. 

"Ek is altyd opgewonde om deel van die Bokspan te wees. Ek geniet dit net soveel om van die bank te speel as om in die beginspan te wees. 

"Ek dink ons spel in die laaste paar minute van toetse is iets waarmee ons as 'n span gegroei het. Dis iets waarop ons aanhou sal fokus en probeer groei."

* Duane Vermeulen bereik 'n mylpaal teen die All Blacks wanneer hy in sy 50ste toets speel. Sy spanmaat, Eben Etzebeth, speel in sy 80ste toets. 

Die Bok-span is: Willie le Roux, Cheslin Kolbe, Lukhanyo Am, Damian de Allende, Makazole Mapimpi, Handré Pollard, Faf de Klerk, Duane Vermeulen, Pieter-Steph du Toit, Siya Kolisi (k), Franco Mostert, Eben Etzebeth, Frans Malherbe, Malcolm Marx, Steven Kitshoff PLAASVERVANGERS: Bongi Mbonambi, Beast Mtawarira, Trevor Nyakane, RG Snyman, Francois Louw, Herschel Jantjies, Frans Steyn, Jesse Kriel. 

Afskop: 11:45. 

Meer oor:  Bokke  |  Toetsrugby  |  Springbokke  |  All Blacks  |  Wêreldbekerrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.