Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Du Preez pak kritici ná doodsnik-sege
Vat so, kakkerlakke, sê verergde Rob

‘Hulle is ’n spul kakkerlakke.”

Só het Robert du Preez, afrigter van die Haaie, na die Durbanse media verwys wat hom en sy span die afgelope week geen kans gegee het nie om die uitspeelrondes van die Superrugby-reeks te haal.

CAPE TOWN, SOUTH AFRICA - JUNE 15: Lukhanyo Am of
Lekker, ou maat! Die Haaie-vleuel Sbu Nkosi wens sy spanmaat Lukhanyo Am geluk nadat laasgenoemde die wendrie teen die Stormers gedruk het. Foto: Gallo Images

Die breier, gewoonlik ’n man van min woorde, het gisteraand ergerlik geantwoord toe hy uitgevra is oor die media wat hom as “op sy laaste voete” in die Haaitenk beskryf het.

“Al die aaklige media-aandag wat die span die afgelope tyd gekry het, is ’n grap. Dis ’n grap,” het hy gesê.

Nou ja, vir dié grap kan die Haaie en Du Preez nou lekker lag. En laaste lag. Jy kan hulle verskoon as hul makietie gisteraand tot in die vroeë oggendure voortgeduur het. Hulle het immers behoorlik met die agterent in die botter beland.

Nie net het Lukhanyo Am se dramatiese drie in die 82ste minuut die Durbaniete van ’n oorwinning met 12-9 in hul saai stryd teen die Stormers verseker nie – dit het hulle ook tot die sesde plek op die finale punteleer lanseer.

’n Verslae Dillyn Leyds ná sy span se nederlaag.Foto: Edrea du toit

Dié posisie is goud werd. Dit beteken hul volgende afspraak is in Canberra met die Brumbies, Australië se enigste kwarteind-verteenwoordiger.

Dis ’n aansienlik meer verteerbare vooruitsig as die ander maniere waarop sake vir die Haaie kon uitspeel. Het hulle vyfde geëindig, sou hulle moes Wellington toe vir ’n afspraak met die Hurricanes. Was hulle sewende het die Jaguares in Buenos Aires gewag en ’n agtste plek sou hulle Christchurch toe gejaag het, vir ’n wedstryd teen die haas onstuitbare Crusaders.

Vir die Haaie is daar darem nou ’n sprankie hoop op ’n halfeind-verskyning.

Die Bulle, daarenteen, sal met ’n beklemming om die hart op die vliegtuig klim – ondanks die genadeloosheid waarmee hulle die Leeus gisteraand met 48-27 gebêre het.

Hulle het die heel kortste strooitjie moontlik getrek deur vyfde op die punteleer te eindig. Nou is dit Wellington toe om die Hurricanes te probeer stuit. Dié Kiwi-span het vanjaar net twee keer tuis verloor. Met supersterre soos Beauden en Jordie Barrett, Ardie Savea en Ngani Laumape in hul geledere gaan hulle ’n moeilike neut wees om te kraak vir ’n span wat halfpad om die wêreld na hulle toe gereis het.

  • Kwarteind-bepalings: Crusaders t. Highlanders (Vrydag 21 Junie, 09:35); Jaguares t. Chiefs (Saterdag 22 Junie, 00:00); Hurricanes t. Bulle (Saterdag 22 Junie, 09:35); Brumbies t. Haaie (Saterdag 22 Junie, 12:05)
Meer oor:  Haaie  |  Superrugby-Reeks  |  Robert Du Preez  |  Afrigter
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.