Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Dié spelers moet pasop vir WhatsApp

Rugbyspelers en beamptes wat hul brood en botter in Engeland verdien, sal versigtig moet wees met wat hulle voortaan in teksboodskappe op WhatsApp en in e-posse kwytraak.

Dít ná die nuus dat Premiership Rugby, die beheerliggaam van klubs in Engeland se topliga, toegang tot hul digitale korrespondensie, bankstate en belastingrekords mag kry om seker te maak dat daar nie weer ’n verbreking van salarisperke is nie.

Die finansies van spelers in die Engelse Premierliga gaan voortaan onder die mikroskoop wees. Foto: Getty Images

Saracens, wat die afgelope ses seisoene vier Premierliga-titels gewen het, is vroeg verlede jaar uitgevang dat hy vir etlike seisoene die perk van £7 miljoen oorskry het. Daar is 35 ligapunte by Saracens afgetrek en hy is vir komende seisoen na die tweede liga gerelegeer.

Andrew Rogers, bestuurder van salarisperke vir Premiership Rugby, sê daar gaan jaarliks ’n omvattende oudit wees op die kampioenspan. Dit is egter nie naastenby ’n forensiese oudit nie, sê hy.

“Daar is nou ’n groter verpligting op al die deelnemers om met my te raadpleeg en daar is meer areas wat deur my goedgekeur moet word, of dit nou ’n borgskap van ’n speler is en of ’n bonuswedstryd is waarin hy vereer word.

“Daar is ’n werklike klem op deursigtigheid en sanksies in plek vir diegene wat nie hul samewerking gee nie.”

Premierligaklubs was eenparig in hul steun vir die onafhanklike Myners-verslag, wat in die nadraai van die Saracens-skandaal strenger regulasies aanbeveel het. Dit het ingesluit die stroop van titels, relegasie en terugbetaling van prysgeld.

Rogers sê egter daar is perke op sy magte en dat dit moeilik sal wees om klubs te polisieer.

“Ons is nie wetstoepassers nie,” sê hy.

“Die klubbeamptes sal ’n dokument moet onderteken wat hulle verbind tot nakoming en die bekendmaking van oortredings.

“Daar’s ’n fluitjieblaser-beleid in plek en spelers gaan belastingopgawes moet indien. Daar gaan altyd situasies wees waar ’n slim persoon om dit kan werk.” – Reuters

Meer oor:  Andrew Rogers  |  Premierliga  |  Saracens
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.