Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
'Die skoen pas en Jacques trek hom aan'

Dié vraag was onafwendbaar: hoe kan iemand die Springbok-hoofafrigter word as hy hom nog nooit op enige ander vlak in die posisie bewys het nie?

Jacques Nienaber het die opslagbal Vrydag getrotseer toe die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) in Pretoria aankondig hy is die nuwe Bok-breier.

Ook, met Rassie Erasmus wat steeds ten nouste by die span betrokke sal wees, word daar gevra wie regtig die span gaan afrig.

“Die mense wat sê dit is ’n massiewe risiko, is waarskynlik reg. Wat kan ek sê, dit is nie iets waaroor ek kan stry nie.

Jacques Nienaber, die nuwe man in die Springbokke se warm stoel. Foto: Gallo Images

“Dit is so, ek was nog nooit ’n hoofafrigter nie. Maar ek is nie dom nie en verstaan dit kan ’n risiko vir my en die organisasie wees.

“Toe Rassie my vra, sou ek nie die pos aanvaar het as ek nie gedink het ek kan dit doen nie,” het Nienaber gesê.

Hy het nog altyd gehou van nuwe uitdagings, benadruk hy.

“Ek het begin as ’n fisioterapeut en later oorgegaan na verdediging (hy was die Springbokke se verdedigings-afrigter).

“Ek hou van nuwe uitdagings en ek is vol vertroue dat ek ’n sukses hiervan kan maak.”

Ons verstaan mekaar goed en kom al ’n lang pad saam. Van 1990 toe ons saam in die weermag was.
Rassie Erasmus

Erasmus het vir sy boesemvriend in die bres getree en gesê sy aandeel in die Bokke se sukses word heeltemal onderskat.

“Ek kan verstaan dat daar vrae is oor Jacques en ons vennootskap. Dit is alles geldige vrae.

“Ons verstaan mekaar goed en kom al ’n lang pad saam. Van 1990 toe ons saam in die weermag was.

“Ek glo Jacques is toegerus vir die taak", sê Rassie, “en hy het eintlik reeds ’n hoofafrigtersrol in die span gehad”.

Nienaber sê hy het begrip daarvoor dat mense die nuwe opset vreemd kan vind.

“Dit is iets wat ek en Rassie deeglik bespreek het en ek sal dom wees om nie van sy kundigheid gebruik te maak nie.

“Dit gaan uiteindelik nie oor individue nie. Die mense wat nou in my twyfel, kan ek nie oortuig nie. Ek sal dit moet begin doen wanneer ons in Junie teen Skotland speel.”

Nienaber het boonop die onbenydenswaardige uitdaging om te verhinder dat die Springbokke nie vanjaar ’n Wêreldbeker-babelas het nie.

“Dit is die groot uitdaging, ja. Ons weet gelukkig wat die span suksesvol gemaak het en dit is ’n gunstige grondslag om mee te begin,” het die nuwe Bok-afrigter gesê.

Meer oor:  Jacques Nienaber  |  Springbokke  |  Rassie Erasmus  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.