Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Dié W-woord nou verbode by Loftus

Asseblief manne, wisselvalligheid is nou taboe by Loftus Versfeld.

Die Blou Bulle is ná Vrydagaand se oorwinning oor die Pumas in Mbombela nie meer laaste op die Curriebeker-puntelys nie.

Pote Human, die Bulle-afrigter, is hoopvol dat dít die keerpunt vir sy span was nadat die Ligbloues met twee nederlae weggespring het.

Rosko Specman. Foto: Gallo Images

“Ek hoop so. Ons gaan egter van hier af bestendig moet wees en kan nie weer sulke swak rugby speel nie (soos teen die Westelike Provinsie en die Vrystaat-Cheetahs).

“Ons moet waak teen wisselvalligheid. Almal weet, nog een nederlaag en dit is einde van ons seisoen.

“Die spelers se karakter en ingesteldheid het my Vrydagaand beïndruk.

“Daar is jong outjies soos Simphiwe (Matanzima) en Ruan (Nortjé) in die pak en hulle het hul man goed gestaan teen ’n klipharde agttal.

“Ek was veral tevrede met ons vaste fasette.”

Human maan sy span gaan minder foute moet maak wanneer hy Saterdag op Loftus teen Griekwas te staan kom.

Spekkies is ’n spesiale speler en dit is baie waardevol om ’n speler met so baie vernuf op die aanval in jou span te hê.
Pote Human

“Ons het beter gespeel, maar steeds baie foute gemaak.

“Daar was te veel omgekeerde besit en dit kan ons seer maak teen ’n span soos Griekwas.”

Hy het die vleuel Rosko Specman, wat ’n driekuns op sy ou tuisveld behaal het, geloof vir die X-faktor waaroor hy beskik.

“Spekkies is ’n spesiale speler en dit is baie waardevol om ’n speler met so baie vernuf op die aanval in jou span te hê.”

Die haastige Rosko Specman het Vrydagaand teen die Pumas sy waarde onderstreep. Foto: Gallo Images

Die heelagter Divan Rossouw het self nie ’n voet verkeerd gesit nie en Specman se vleuelmaat, Cornal Hendricks, was ook op sy beste.

Human sê hoewel die Bulle onder druk is om hul oorblywende drie wedstryde te wen, gaan hulle nie afwyk van hul aanvallende benadering nie.

“Met spelers soos Rosko, Divan en Cornal in die agterste drie, sal dit dom wees om hulle nie soveel moontlik kanse op die aanval te gee nie.

“Vir dít om te gebeur, moet ons voor die grondslag skep. Teen die Pumas het ons dit gedoen en ek wil hê ons moet daarop voortbou.”

Human moet besluit of hy gaan volhard met Marnitz Boshoff op losskakel en of Manie Libbok weer die aangewese man vir die nr. 10-trui is.

Embrose Papier en André Warner was die skrumskakels in Mbombela en Ivan van Zyl behoort weer vandeesweek by die span betrek te word.

Curriebeker-bepalings

Curriebeker-puntelys

Curriebeker-uitslae

Meer oor:  Pote Human  |  Bulle  |  Curriebeker  |  Griekwas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.