Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Dis dalk Jantjies kwadraat op Ellispark

Die lewe gaan oor geleenthede.

Dit was die filosofiese woorde van die Springbokke se agterlynafrigter, Mzwandile Stick, by Dinsdag se Bok-nuuskonferensie in Fourways.

Die Stormer-skrumskakel Herschel Jantjies verlede week by ’n Sprinbok-oefening. Die kanse lyk goed dat hy Saterdag ’n skakelpaar met nog ’n Jantjies, Elton, gaan vorm. Foto: Gallo Images

Hiermee het hy na die kanse verwys wat die Stormers vanjaar aan die skrumskakel Herschel Jantjies in die Superrugby-reeks gegee het wat hy met albei hande aangegryp het.

Daar is ’n sterk moontlikheid dat daar Woensdag die eerste keer in die geskiedenis van Springbok-rugby twee spelers met die van Jantjies as die skakelpaar van die Groen-en-goud aangekondig gaan word. Dit is Herschel en die losskakel Elton.

Stick wou dit nie bevestig nie, maar alles dui daarop dat dit ’n Jantjies-kombinasie as skakelpaar kan wees.

“Die basiese diens wat Herschel lewer is klinies en hy beskik oor ’n uitstekende uitgee,” sê Stick.

“Hy skroom ook nie om groot duikslae op van die grootste voorspelers uit te voer nie en met sy vaardighede kan hy een van die beste skrumskakels tot nog toe word,” sê hy.

Stick glo ook hy en Elton sal mekaar goed aanvul.

Frans Steyn is terug by die Springbokke en lyk weer soos ’n 21-jarige, sê die span se agterlynafrigter, Mzwandile Stick. Foto: Gallo Images

“Elton het die vermoë om spanne te verniel.”

Wat die verlore seun betref wat nou weer by die Bokke is, die veelsydige agterspeler Frans Steyn, sê Stick hy is ’n spesiale speler.

“Hy skakel eenvoudig oral in en lyk weer soos ’n 21-jarige met die oorgawe waarmee hy oefen en betrokke is by die groep,” sê hy.

Volgens die agterlynbreier het hy in minder as ’n week naatloos by die groep ingeskakel en staan sy ervaring uit.

“Daar is baie mededinging tussen die spelers en almal bevind hulle in ’n goeie omgewing. Daardie wedywering om ’n plek in die span is baie gesond.”

Stick voel ook dat dit ’n groot terugslag is om die beseerde Aphiwe Dyantyi weens ’n dyspierbesering te verloor, maar dat daar genoeg diepte onder die vleuels is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.