Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Dis Victor vs. Deon vir Bulle-pos
Victor Matfield (links) en Fourie du Preez vier fees ná die Bulle se sege oor die Stormers in die Super14-eindstryd in 2010 in die Orlando-stadion in Soweto. Foto: gallo Images

Die Bulle kan reeds op Maandag se raadsvergadering in Pretoria besluit of Victor Matfield of Deon Davids die nuwe hoofafrigter van Loftus Vers­feld se rugbykudde sal word.

Matfield en Davids is die gunstelinge om die Bulle in volgende jaar se Superrugby-reeks af te rig, met die Springbok-breier, Rassie Erasmus, wat hulle sal bystaan.

Ná ’n uitgerekte soektog vir ’n plaasvervanger vir John Mitchell, wat oorsese aanspraakmakers soos Gloucester se Johan Ackermann en Munster se Johann van Graan insluit, is Loftus Versfeld se besluitnemers gereed om die aanstelling te maak.

Plaaslike afrigters soos Jimmy Stonehouse (Pumas), John Dobson (Westelike Provinsie) en Pote Human (Blou Bulle) was tot onlangs nog oorweeg, maar daar is aan Rapport gesê dis nou ’n keuse tussen Matfield en Davids.

As Matfield aangestel word, is daar ’n goeie kans dat hy sy jarelange Bok- en Bul-spanmaat en boesemvriend Fourie du Preez by die Bulle se afrigting betrek.

Dís moontlik omdat die nuwe hoofafrigter ’n groot sê sal hê in wie as hulpafrigters aangewys word.

Deon Davids

Die Bulle het eintlik al in 2015 planne gehad om Matfield in ’n hoë pos op Loftus aan te stel. Hulle wou Du Preez ook toe betrek. Onderhandelinge tussen dié partye het egter destyds van die Bulle se kant af doodgeloop nadat hulle Du Preez spesiaal van oorsee vir ’n onderhoud Suid-Afrika toe laat vlieg het.

Matfield se moontlike aanstelling kan Du Preez oorreed om by die Bulle betrokke te raak en hul kombinasie weer soos in hul speeldae op Loftus voort te sit.

Du Preez het steeds ’n groot liefde vir die spel. Sedert sy uittrede doen hy van tyd tot tyd konsultasiewerk vir sy voormalige Japanse klubspan Suntory Sungoliath.

Matfield het goeie steun in Pretoria.

Dié voormalige Bul-kaptein is onder meer vroeër vanjaar deur Willem Strauss, president van die Blou Bulle Rugbyunie (BBRU), betrek om sy gewilde Loftus 200-rugbyspan, bestaande uit spelers van Carltonbeker-klubs, af te rig.

Dit was ook vroeër in die Rugbykampioenskap insiggewend dat Matfield van Erasmus se Springbok-oefeninge voor die toets teen die All Blacks in Pretoria bygewoon het.

Soos Matfield het Davids ’n goeie verhouding met Erasmus.

Davids se uitstaande werk by die Kings, waar hy jaarliks ’n hospitaal-aangee kry wat sy span se voorbereidings en diepte betref, het nie ongesiens by lede van die Bulle se topbestuur verbygegaan nie.

Davids se uitstaande werk by die Kings, waar hy jaarliks ’n hospitaal-aangee kry wat sy span se voorbereidings en diepte betref, het nie ongesiens by lede van die Bulle se topbestuur verbygegaan nie.

Die Bulle het die afgelope tyd vrae gehad of hy wel ’n amptelike kontrak met die Kings het, wat onderhandelinge met hom kon vergemaklik.

Daar is selfs die week beweer dat die Bulle Vrydag met Davids sou ontmoet. Twee ingeligtes het dit later aan Rapport ontken.

Terwyl die Bulle poog om raak te vat met Mitchell se opvolger, neem Human en sy Curriebeker-bestuurspan van John-William Meyer en Hayden Groepes tans tydelik beheer van die Bulle se Super-groep wat al die week bekend gemaak is.

Human word terloops steeds in sekere kringe as die regte kandidaat beskou. Veral omdat hy die agting van die spelers het.

Die Bulle wou nie Saterdag enige kommentaar oor die moontlike aanstelling van Matfield of Davids lewer nie.

  • Dis onduidelik wanneer die Bulle beplan om die naam van Barend van Graan se opvolger as die uitvoerende hoof van die Blou Bulle Maatskappy (BBM) bekend te maak.

Van Graan tree einde Januarie af.

  • Die Bulle se onderhandelinge met die Bok-haker Schalk Brits is in ’n gevorderde stadium. Hulle het die steun van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) aangesien Brits in Erasmus se Wêreldbeker-planne is.
Meer oor:  Bulle  |  Deon Davids  |  Victor Matfield  |  Raadsvergadering  |  Superrugby-Reeks  |  Pos
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.