Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Dís waarom Bokke 1ste in Japan opdaag

Die Iere het in Portugal laer getrek en Engeland het in Italië gaan kamp opslaan.

Die Springbokke verkies egter om in Japan aan dié land se warm, bedompige laatsomersdae gewoond te raak voordat die Wêreldbeker-rugbytoernooi aanstaande maand daar begin.

Rassie Erasmus op die oefenveld waar die Springbokke hulle vir die Wêreldbeker-veldtog in Japan voorberei. Foto: Gallo Images

Daar is reeds lank gelede besluit dat die Bokke voor die ander lande in Japan sal aankom, en hulle klim reeds Vrydag op die vliegtuig.

Dit is ’n volle drie weke voor Siya Kolisi-hulle op 21 September in Jokohama in hul eerste wedstryd in Groep B teen die All Blacks speel.

“Elke span het sy eie plan om die hitte en die weer in Japan te hanteer. Sommige spanne het byvoorbeeld in Portugal gaan voorberei.”

Erasmus sê die Bokke het so beplan dat die span vanjaar vir 20 weke saam gaan wees en dat hulle nou in week 10 van dié tydperk is.

Daar word in die Bok-kamp gehoop dat die lang opbou in Japan hulle ’n voorsprong sal gee.

“Ons het ’n week voor ons (op 6 September in Koemagaja) teen Japan speel, dan nog ’n week voor ons vir die All Blacks voorberei.

“Daar is tyd om aan die hitte gewoond te raak en ons sal teen Japan voor sy tuisskare speel.

“So ons hoop ons sal gewoond wees aan die toestande en die omgewing teen die tyd dat die toernooi begin.”

Erasmus gee toe ’n toernooi van nege weke (sou Suid-Afrika tot in die eindstryd vorder) is ’n lang tyd saam.

“Ons het die spelers en groepe die afgelope ruk geroteer om seker te maak almal kry genoeg rus en aftyd.

“Ja, dit is ’n langer toernooi vir ons en 20 weke saam (vanaf die eerste oefenkamp in Junie tot en met die einde van die WB-toernooi) is ’n uitdaging, maar dit is hoekom ons iemand soos Eugene Henning (besturende direkteur van MyPlayers, die liggaam wat beroepspelers in SA verteenwoordig) gekry het om na die welstand van die spelers om te sien.”

“Daar is ook ’n paar dinge wat ons in spanverband verander het om te keer dat ons nie moeg raak vir mekaar se geselskap nie.”

Erasmus het grappenderwys daarop gewys dat week 20 eintlik opsy gesit is “vir vierings as die span die toernooi wen”.

Hy sê die beste moontlike span sal volgende Vrydag in die losmaker teen Japan speel.

“Dit sal ook teen Nieu-Seeland die geval wees, waarna ons teen Namibië van die spelers sal laat rus.”

* Erasmus kon nie aandui watter spelers almal op sy bystandlys is nie.

“Daar mag dalk nog drie of vier name bygevoeg word. Ek wil uitvind oor ’n paar beserings en sien (Saterdag) hoe ’n Curriebeker-wedstryd verloop.

 

Hier is die volledige Bok-groep vir die Wêreldbekertoernooi. Klik op elke foto om besonderhede oor die speler te sien.

Meer oor:  Bokke  |  Toetsrugby  |  Springbokke  |  Rassie Erasmus  |  Wêreldbekerrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.