Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Dís waarom Pote Warner wéér kies
André Warner word bo die Bokke Ivan van Zyl en Embrose Papier in die Bulle se beginspan verkies. Foto: Getty Images

Die Bulle word versterk met twee Springbokke, Jesse Kriel en Jason Jenkins, maar is die ervaring van ’n derde, die veteraan-haker Schalk Brits, kwyt.

Pote Human, die Bulle se hoofafrigter, het twee veranderings aan sy span gemaak vir Saterdag se Superrugby-kwarteindstryd teen die Hurricanes in Wellington.

Kriel het betyds van sy enkelbesering herstel en speel Saterdag in sy 70ste wedstryd vir die Bulle in dié kompetisie.

Hy vervang Burger Odendaal, wat nie oorweeg is nie nadat hy sy sleutelbeen teen die Leeus beseer het.

Dit bring mee dat Johnny Kotzé van buite- na binnesenter skuif.

Op slot hervat Jenkins en RG Snyman hul vennootskap, wat beteken dat Jannes Kirsten een van die plaasvervangers is.

Jaco Visagie het egter baie goed gespeel teen die Leeus en hy verdien dit om in die span te wees.
Pote Human

Human sê dit is ’n teleurstelling dat hulle sonder Brits se ervaring is.

“Jaco Visagie het egter baie goed gespeel teen die Leeus en hy verdien dit om in die span te wees. Hy is ook nie onervare op die vlak nie.”

Selfs in die deurwinterde Brits se afwesigheid is daar ’n totaal van 493 Superwedstryde se ervaring in die agttal.

Die keuse van André Warner as Handré Pollard se skakelmaat, sal nogmaals oë laat rek.

Human het sover vanjaar gesê hy roteer Warner en die twee Springbok-skrumskakels, Ivan van Zyl en Embrose Papier, om die beurt om almal skerp te hou.

Dat Warner die nr. 9-trui kry in dié belangrike wedstryd, is veelseggend.

Goeie tye! Pote Human, hoofafrigter van die Bulle, is die eerste afrigter sedert Frans Ludeke in 2013 wat dié span tot in die kwrteindstryd van die Superrugby-kompetisie kon kry. Foto: Getty Images

Beteken dit dat hy hier in die pylvak van die kompetisie die keur onder die skrumskakels is?

“Albei skrumskakels wat teen die Leeus gespeel het (Warner en Van Zyl), het goed gevaar en ek wou nie daarvan afwyk nie,” sê Human.

Hy is verheug om Kriel terug te hê in die span.

“Jesse het dadelik die gees in die span gelig. Ek is bly dit het so uitgewerk dat die besering hom nie van die groot geleentheid ontneem het nie.”

Human sê hulle is vasberade om Wellington met ’n sege te verlaat.

“Ons beplan om in die eindstryd te speel en ons is drie wedstryde daarvan af weg.

“Natuurlik kan ons nie verby ’n gevaarlike Hurricanes-span kyk nie.

“Hulle speel tuis, het die kompetisie al gewen en het verskeie sterre in die span. Ons het die grootste agting vir hulle, maar glo terselfdertyd in ons vermoëns.”

Die Bulle se span is:
 Warrick Gelant, Cornal Hendricks, Jesse Kriel, Johnny Kotze, Rosko Specman, Handré Pollard (k), André Warner, Duane Vermeulen, Hanro Liebenberg, Marco van Staden, RG Snyman, Jason Jenkins, Trevor Nyakane, Jaco Visagie, Lizo Gqoboka. PLAASVERVANGERS: Johan Grobbelaar, Simphiwe Matanzima, Wiehahn Herbst, Jannes Kirsten, Ruan Steenkamp, Ivan van Zyl, Manie Libbok, Divan Rossouw.

Meer oor:  Andre Warner  |  Pote Human  |  Wellington  |  Pretoria  |  Springbokke  |  Bulle  |  Superrugby  |  Hurricanes  |  Kwarteindronde
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.