Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Dís wat Rassie trots maak voor All Black-toets

Niks maak Rassie Erasmus trotser as die wete dat albei spanne in Saterdag se Wêreldbeker-toets in Jokohama, die Springbokke en die All Blacks, ’n gelyke kans staan om ’n oorwinning te behaal nie.

Rassie Erasmus is kinderlik opgewonde oor die Springbokke se Wêreldbeker-wedstryd teen die All Blacks.Foto: Gallo Images

“Dit is massief en daar is baie emosies betrokke,” het Erasmus oor die omvang van dié Groep B-wedstryd gesê.

Hy het in 1999 se Wêreldbeker-toernooi as flank om die bronsmedalje teen die All Blacks gespeel.

Die Bokke het daardie toets gewen, maar dit was nie vir Erasmus ’n bevredigende gevoel nie, aangesien dit om die derde plek was.

“Ek het ook voor 2011 se Wêreldbeker teen hulle in Port Elizabeth afgerig. Dis egter nou die eerste keer dat ek in ’n Wêreldbeker as die hoofafrigter teen hulle afrig. Dís massief.

“Ek is opgewonde en trots, maar ook senuagtig. Dit is ’n groot toets vir ons, veral oor die geskiedenis tussen ons en die All Blacks. Daar is baie trots en respek op die spel.”

Die Bokke en All Blacks pak mekaar Saterdag die 99ste keer.

“As ’n hoofafrigter maak dit my baie trots om saam met die spelers te wees en te weet albei spanne het ’n gelyke kans in die toets.”

Die Bokke het nie teruggehou op die oefenveld in die opbou tot Saterdag se stryd teen Nieu-Seeland in Jokohama nie. Foto: Gallo Images

Dit maak dit vir Erasmus ekstra spesiaal dat dit vir ondersteuners moeilik is om vooraf ’n wenner te kies of hul geld op een van die spanne te verwed.

“As jy ons vra, sal ons sê ons glo ons het ’n werklike goeie kans. As jy Steve Hansen en sy span vra, sal hy sê hy glo hulle het ’n werklike goeie kans.

“Hopelik is die skeidsregter nie te seker (oor wie gaan wen nie). Dis hoe (gelykop) dié kragmeting (tussen die Bokke en All Blacks) móét wees. Dis ook hoe ’n Wêreldbeker moet wees. Dis ’n wonderlike openingswedstryd vir ons.”

Meer oor:  Bokke  |  Toetsrugby  |  Springbokke  |  Rassie Erasmus  |  All Blacks  |  Wêreldbekerrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.