Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Dis WB toe vir Springbok-vroue
Die vroue-Springbokrugbyspan het vir 2021 se WB-toernooi in Nieu-Seeland gekwalifiseer. Foto: SA Rugby

Die Springbok-vroue het Saterdag vir 2021 se Wêreldbeker-rugbytoernooi in Nieu-Seeland gekwalifiseer deur Kenia ’n goeie pak slae te gee.

Die SA vroue was in die Bosmanstadion in Brakpan met 39-0 baas ná hulle met die rustyd al 24-0 voor was.

In hul vorige twee wedstryde het die Bokke ook met groot tellings oor Uganda en Madagaskar geseëvier.

Stanley Raubenheimer, die span se afrigter, sê hy is verheug dat die span nou reeds vir die WB-toernooi gekwalifiseer het.

Nou kan hulle met selfvertroue voorberei sonder die swaard van kwalifisering wat bo hul kop hang.

Puntemakers:

Suid-Afrika: Drieë: Zintle Mpupha, Lindelwa Gwala, Tayla Kinsey, Snenhlanhla Shozi, Aseza Hele, Mathrin Simmers, Rights Mkhari. Doelskoppe: Tayla Kinsey (2).

Kenia 0. – SA Rugby

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.