Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Dít dryf Kings om steeds hard te oefen

Die kans dat hulle onverwags vir ’n beseerde speler elders moet speel, dien nou as aansporing vir die Southern Kings om steeds hard te oefen.

“Dis natuurlik nie so eenvoudig om die spelers te motiveer om alles te gee noudat die Kings nie vanjaar aan enige reeks gaan deelneem nie,” sê Robbi Kempson, die span se waarnemende hoofafrigter.

Volgens hom toon hulle eintlik merkwaardige karakter deur nie in sak en as te gaan sit nie.

Yaw Penxe van die Kings kan ’n aanwins vir enige span wees. Foto: Gallo Images

Die soort oefeninge wat die Kings nou doen, is egter wel aangepas teen wat dit sou gewees het indien die span steeds in die komende Curriebeker-reeks sou gespeel het.

“Ons sou nou meer kontak-tipe-oefeninge gedoen het ter voorbereiding vir wedstryde, maar ons fokus tans op individuele vaardighede en tegniese punte,” sê Kempson.

Daar word wel ’n vorm van kontakoefeninge ook gedoen om te verseker dat ’n speler wat skielik ’n kans kry by ’n ander span, gereed sal wees om sy man te kan staan.

Kempson verwag nie dat daar vreeslik baie kanse vir sy spelers in die komende weke sal opduik nie.

“Ek vermoed die plaaslike spanne wat aan die Curriebeker-reeks gaan deelneem sal eers in hul eie geledere kyk met die oog op ontwikkeling,” sê hy.

’n Uitstaande speler, soos die blitsige vleuel Yaw Penxe, kan dalk wel iewers speelkans kry. Dit klink asof Griekwas in hom belangstel.

Die talent in sommige posisies is landswyd maar bra dun en dis nie onmoontlik dat voorrymanne soos Alulutho Tshakweni of Pieter Scholtz nader geroep kan word indien die nood druk nie.

Die Kings se hakers, Jacques du Toit en Alandré van Rooyen, kan ook waarde na enige span bring.

Onder die gesoute spelers van die Kings wat dalk meer in aanvraag as van die jongeres kan wees, tel Bobby de Wee (slot), Sibusiso Sithole (senter/vleuel), CJ Velleman, Lusanda Badiyana, Tienie Burger, Ruaan Lerm (almal losvoorspelers), Erich Cronjé (senter/vleuel) en JT Jackson (senter/losskakel).

Meer oor:  Pro14  |  Robbi Kempson  |  Kings  |  Curriebeker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.