Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Dit gaan broekskeur vir Tuks teen UJ

Die Tukkies het Maandagaand so byna op hul tuisveld gestruikel in die Varsitybeker-reeks weens ’n oorvloed foute en treurige lynstaanwerk, maar het net genoeg gehad om die Universiteit van Johannesburg met 26-24 te verslaan.

Die UJ was kort ná rustyd nog met 24-7 voor.

Tuks se Wian van Niekerk op die aanval teen UJ. Foto: Gallo Images

Dit het ’n skouspelagtige drie in die 81ste minuut deur die Tuks-heelagter, Lionel April, geverg om die Pretorianers deur te trek.

Die Tukkies het, soos verlede week in Bloemfontein teen die Ixias, gesukkel om aan die gang te kom.

Daar was in die eerste helfte ’n magdom van verlore kanse vir die tuisspan en dit was veral in die lynstane waar hulle die kluts kwyt was.

Swak verdediging en omkeerbesit het voor rustyd tot UJ se drieë deur Shaun Williams (heelagter) en Tatendaishe Mujawo (linkervleuel) gelei.

Albei was sewepunters en Williams s’n het gekom ná ’n skitter-sololopie waarmee hy verskeie verdedigers geklop het. Hy is ook as die speler van die wedstryd aangewys.

Vir die tuisspan was Hanru Sirgel, wat op agtsteman gesak het, weer ’n indrukwekkende werkesel.

Die besluitnemers op Loftus Versfeld het seker al planne vir ’n Bulle-kontrak vir hom, indien hy nie reeds op die unie se boeke is nie.

* Puntemakers:

Tukkies 26 (7). Drieë: Kabelo Mokoena, Theo Boshoff, Hanru Sirgel, Lionel April. Doelskoppe: Boshoff (3).

UJ 24 (19). Drieë: Shaun Williams (7 punte), Tatendaishe Mujawo (7), Kwagga van Niekerk. Strafdoel: Pieter Steenkamp. Doelskoppe: Steenkamp (2).

Meer oor:  Varsitybeker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.