Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Dit stink in ’n skrum, sê Engelse stut

Dit gebeur min dat die duister waarhede en donker kunste van ’n rugbyskrum ontbloot word.

Joe Marler was in aksie teen die Bokke op Nuweland in Junie. Foto: Getty Images

Jy hoef net in ag te neem die stoere tipes wat gewoonlik met die sport se taaiste faset betrokke is, om te besef hoekom.

Maar Stuff berig die kleurvolle Engelse stut Joe Marler, wat onlangs internasionale rugby vaarwel geroep het, onthul die gevare, blydskap en skynbaar onaangename reuke wat verband hou met rugby se unieke oond.

“Is jy al ooit stadig versmoor en gedruk in ’n enorme mens-klem? Probeer skrumwerk. Dit is afskuwelik, maar wonderlik op dieselfde tyd, besmet met die reuk van menslike onderdele,” sê Marler, wat 59 toetse vir die Rose gespeel het.

“Dit is ongelooflik pynlik omdat jy ’n ton gewig wat jou rugstring saampers moet verduur.

“Sommige meen dalk dit is ’n aangeleerde smaak. Dit is die beste plek in die wêreld as dinge goed gaan en die slegste plek in die wêreld as dinge verkeerd loop.”

Marler sê Engeland se toetsreeks in November gaan taai wees en voel twee seges uit vier kragmetings sal ’n “realistiese uitkoms” wees. Eddie Jones se span speel op agtereenvolgende naweke op Twickenham teen die Bokke, All Blacks, Japan en Wallabies.

Marler het 59 toetse vir die Rose gespeel. Foto: Getty Images

Hy meen Ierland se geskiedkundige oorwinning teen die All Blacks in Chicago in 2016 het die bloudruk verskaf hoe om die Kiwi’s te klop.

“Jy moet hulle laat sweet en vroeg hul selfvertroue ’n knou gee. Ierland het 40 punte aangeteken. Jy moet die drieë inryg, want hulle gaan lê nie.”

Die 28-jarige Marler speel steeds vir sy Londense klubspan Harlequins in die Premierskap waar hy 175 verskynings gemaak het.

a

– Sportredaksie

Meer oor:  Bokke  |  Jaareindtoer  |  Rose  |  Toetsrugby  |  Springbokke  |  Joe Marler
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.