Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
‘Dit was moeilik om vir Pote te sê ek loop’
André Warner sit op loop vir die Bulle.

Sy gesprek met Pote Human om sy skuif na die Leeus te bevestig, was vir André Warner een van die moeilikste en belangrikstes van sy loopbaan.

“Ek en coach Pote kom al van Tuks se dae af saam” het Warner aan Rapport gesê.

“Ek was van die begin af eerlik met hom oor ’n moontlike skuif. Ons het te alle tye geweet waar ons met mekaar staan. Ek het baie respek vir hom as ’n mens.”

In sy gesprek met Human het Warner aan die Bulle se afrigter gesê dat hy op 1 November by die Leeus inval. Hy sal in 2020 en 2021 op Ellispark speel.

“Ek sien uit daarna om saam met coach Swys de Bruin (by die Leeus) te werk. Ek voel ek kan baie by hom leer, en hy sal die beste uit my as ’n speler kan kry.”

Ek voel ek kan baie by hom leer, en hy sal die beste uit my as ’n speler kan kry.
André Warner

Warner se aandag is egter vir eers net op die Bulle se Curriebekerveldtog gerig. Hy het dit duidelik gestel dat hy soos altyd sy beste vir Human en sy spanmaats sal gee tot hy later na die Leeus skuif.

Sy besluit om oor die Jukskeirivier te trek, het onder meer te make met die beperkte speelkans wat hy by die Bulle kry in die teenwoordigheid van die Springbok-skrumskakels Embrose Papier en Ivan van Zyl.

“Ek dink dit is die beste loopbaanbesluit vir my op die oomblik. Dit is ’n groot geleentheid vir my en iets waarna ek baie uitsien.

“Ek was sewe jaar by die Bulle. Ek het baie van myself in hierdie sewe jaar geleer – as speler en ook as mens.”

Meer oor:  Leeus  |  Bulle  |  Pote Human  |  Skrumskakel  |  Superrugby  |  Afrigter  |  Curriebeker  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.