SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Rugby
‘Dit was Siya, nie Bongi se skuld’

Rassie Erasmus moes Maandag op die Springbokke se eerste nuuskonferensie in Wellington steeds vure doodslaan waarom hy Bongi Mbonambi kort ná ’n swak lynstaaningooi teen die Wallabies vervang het.

Rassie Erasmus het Bongi Mbonambi Saterdag in die 35ste minuut met Malcolm Marx vervang. Foto: Gallo Images

Mbonambi se ingooi regoor die Bok-lynstaan wat op ’n nat speeloppervlak tot in Matt Toomua se hande vir ’n verspot maklike vyfpunter in die Rugbykampioenskap-nederlaag van 23-18 teen die Wallabies geskiet het, was ’n beslissende oomblik in die toets wat in Brisbane plaasgevind het. Hy is kort daarna in die 35ste minuut met Malcolm Marx vervang.

Sedertdien het daar ’n storm op sosiale media oor Erasmus se tydsberekening met die skuif losgebars. Verskeie ondersteuners bevraagteken dit, terwyl ander die Bok-afrigter kritiseer.

“Ek het vooraf aan Bongi gesê speel die wedstryd teen die intensiteit en kyk vir hoe lank jy kan hou aangesien jy lanklaas gespeel het. Jy sal waarskynlik sukkel om 40 minute te hou. Julle kan hom (Bongi) na die nuuskonferensie nooi en homself vra.

“Ná 30 minute het ek ons fiksheidkundige gevra hoe dit met Bongi gaan. Bongi het toe al gesukkel. Ons het voor daardie lynstaan al besluit om Bongi te vervang. Ek sal nooit ’n speler vervang omdat hy ’n lynstaan gemis het nie. Dís ’n leerproses vir Bongi wat Wêreldbeker toe gaan. Hoe anders kan hy leer as hy net op die bank sit? En hoe anders sal jy hom in ’n Wêreldbeker-wedstryd kan vertrou?

“Dit (die lynstaaningooi) was Siya (Kolisi) se fout en nie Bongi se fout nie.”

Kolisi was Mbonambi se teiken met die ingooi. Dit het na swak kommunikasie tussen die betrokke spelers gelyk. Kolisi het traag gereageer met die bal wat boonop op die nat speeloppervlak geskiet en nie soos op ’n droë veld gewip het nie.

Erasmus meen dis ’n natuurlike proses om 12 toetse voor ’n Wêreldbeker aan jou ervaring te bou.

“Ons het dit (ervaring opbou) met Bongi teen die Wallabies gedoen. Ons weet dat Malcolm Marx waarskynlik ons nommereen-haker is, maar ons moes Bongi in die beginspan teen Australië gekies het. As Malcolm nou byvoorbeeld in die Wêreldbeker beseer raak, sal Bongi weet hoe om die druk op so ’n hoë vlak te hanteer.”

Rugbykampioenskap: Bepalings

Rugbykampioenskap: Puntelys

Rugbykampioenskap: Uitslae

Meer oor:  Bokke  |  Toetsrugby  |  Springbokke  |  Siya Kolisi  |  Wallabies  |  Bongi Mbonambi  |  Rugbykampionskap  |  All Blacks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.