Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Div: ‘Gaan haal Frans dadelik in Frankryk’
Frans Steyn / Foto: Getty Images

Kies Frans Steyn.

Steyn, Gio Aplon, Heinrich Brüssow en Andries Bekker is die oorsese spelers buite die huidige Springbok-groep wat volgens die voormalige Springbokbreier Peter de Villiers die Springbokgroep sal versterk.

De Villiers sê dié spelers sal die leierskorps aanvul en is die spelers waarop ’n afrigter kan staatmaak wanneer dinge op die veld nie volgens plan verloop nie.

“Ek sou Frans Steyn dadelik in Frankryk gaan haal het,” sê De ­Villiers.

“Hy is Bokrugby se Sonny Bill Williams. Bring hom terug en maak seker dat hy op sy beste is. Frans bied jou wat ’n Juan Smith, Fourie du Preez en Schalk Burger op hul beste vir die Bokke gegee het. Hulle het jou as afrigter uitgedaag. Dis moeilik om hulle vanweë hul ongelooflike talent en kennis iets oor die spel te leer.”

Gio Aplon / Foto's: Getty Images
Heinrich Brüssow

De Villiers, wat nog tot einde Februarie volgende jaar as ontwikkelingsafrigter in diens van Trustco se Sentrum vir Uitnemendheid in Namibië is, is verbaas dat Brüssow nog nie weer ná verlede jaar se Rugbykampioenskap by die Bokke betrek is nie.

“Hy is die flank met die wêreld se beste vaardighede. Hy kan vir jou alles doen. Jy kan nie sonder hom in ’n Bokspan klaarkom nie, veral nie as ’n baljagter nie.”

Brüssow speel nou vir Dawie Theron se Japanse klubspan Docomo Red Hurricanes en is nog vir die Bokke beskikbaar.

Bekker speel sy klubrugby vir Kobelco Steelers, Allister Coetzee se voormalige Japanse klubspan.

Andries Bekker / Foto: Getty Images

“Andries moes al in baie meer toetse vir die Bokke gespeel het. Wat ek veral van hom hou, is dat hy daardie bietjie ‘vark’ in hom het wat jy as ’n afrigter in ’n vaste voorspeler soek,” sê De Villiers.

Dis welbekend dat Bekker al dikwels in die verlede verkies het om eerder uit die Bok-kollig te bly. Hy sal ook moet uithaal om slotte soos Lood de Jager, Franco Mostert en Pieter-Steph du Toit uit die span te hou.

Aplon is volgens De Villiers as heelagter van Grenoble een van die sterre in Franse klubrugby.

Die voormalige Bokafrigter ­besef wel dat Coetzee met voortdurende wysigings aan sy span die spelers kan vervreem en dat die spelers slegs vir hulself kan begin speel om hul plekke te behou.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.