Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Div: ‘OP kan nog nie museum toe gaan’

Die Oostelike Provinsie se rugbyspelers berei voor asof daar reeds besluit is dat hulle in die komende Franchisebeker-reeks gaan speel.

Hoewel SA Rugby se hoofraad eers Donderdag besluit watter spanne almal in die reeks gaan speel, sê die OP-afrigter, Peter de Villiers, hy en sy spelers kan nie bekostig om onverhoeds betrap te word nie.

Twee van die OP se spelers wat vasbeslote is om vanjaar hul stempel op die veld af te druk. Links is die slot Mncedisi Dlwengu, wat al verskeie kere vir die OP uitgedraf het, en langs hom is die losvoorspeler Arnold Kleyn. Dlwengu speel heeltyds rugby en Kleyn, wat al vir die OP se junior spanne gespeel het, is ’n onderwyser by die Laerskool Susannah Fourie op Despatch. Foto: Michael Green

“Ons is besig om hierdie spelers so goed voor te berei dat indien ons nie gaan speel nie, dit die bes voorbereide span gaan wees wat daar nóg was wat nié gaan speel nie,” sê De Villiers.

“Ons hoop, ons werk met ’n doel, ons werk dat ons graag daar wil wees, dat ons nie net by die Olimpiese Spele wil opdaag nie. Ons wil op die podium wees. So, ons werk daarvoor.”

Mense gaan gewoonlik met kontraktering vir groot name, maar hier gee ons spelers die geleentheid om naam te maak.

Hoewel daar daagliks ’n groot groep spelers by die OP se oefeninge is, sal die amptelike kontraktering eers begin (of nie begin nie) ná Donderdag se aankondiging.

De Villiers sê hoewel hy nog nie al die spelers in sy oefengroep ’n volledige rugbywedstryd gesien speel het nie, het hy reeds ’n goeie idee aan wie hy kontrakte gaan aanbied.

“Ons gaan foute maak. Dis definitief so. Weens die feit dat jy onkundig is oor hul agtergrond, maar ek is nou vier weke saam met hulle en kon nou al optel wie ons na die volgende vlak toe kan vat,” sê De Villiers.

Hoewel die OP nie soveel spelers het wat al op franchise-vlak gespeel het nie, is De Villiers vol vertroue dat sy spelers hul man sal kan staan.

“Hier is baie van die spelers wat net daai geleentheid soek om te wys dat hulle ook goed genoeg is. Mense gaan gewoonlik met kontraktering vir groot name, maar hier gee ons spelers die geleentheid om naam te maak,” sê De Villiers.

“Soos ek vir die spelers gesê het, ons is die span wat nie museum toe kan gaan nie, want ons geskiedenis kan nog nie bestudeer word nie, ons moet eers ons geskiedenis maak.”

Meer oor:  Oostelike Provinsie  |  Franchisebeker-Reeks  |  Op  |  Peter De Villiers  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.