Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Div sê vroeë sukses tel teen hom by Bokke

Sy sukses as breier van die SA o.21-span tussen 2004 en 2006 het lank teen hom getel, het Peter de Villiers, voormalige Springbok-afrigter, gister in ’n onderhoud op RSG gesê.

“In 2005 het ons die o.21-Wêreldbeker-toernooi in Argentinië gewen met nege spelers van kleur in die 22-tal. Dit het mense laat skrik, want hulle het gedink hierdie ou wil nou rugby kom swart maak,” sê De Villiers.

“Jy kan nie daarteen veg nie, want daar is baie diep agendas. Dit het my taamlik gekou.”

Peter de Villiers

Tog het hy in 2008 by Jake White oorgeneem. Sy loopbaan as Bok-afrigter het ook op ’n omstrede wyse begin toe Oregan Hoskins, destyds president van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru), op die nuuskonferensie waar sy aanstelling aangekondig is, gesê het De Villiers is nie om suiwere rugbyredes aangestel nie, maar ook met “transformasie” in gedagte.

“Dit was moeilik. Hoe kry jy dit reg om goed te vaar as jou eie mense sê jy is nie net om rugbyredes daar nie?”

De Villiers se RSG-onderhoud volg op ’n video wat hy op YouTube gedeel het waarin hy kortliks sy rugbystorie vertel en sy stem sodoende tot die Black Lives Matter-beweging toegevoeg het.

In die video verwys hy ook na sy stormagtige verhouding met die media.

Ek het my digterlike vryheid gebruik om dinge te sê soos wat ek dit wou sê.

“Toe ek wou uitvind wat gee aan rugbyskrywers die bevoegdheid om te beoordeel, kon ek nie een vind wat eerstespanrugby vir sy skool gespeel het nie.”

In sy onderhoud met die RSG-aanbieder Jody Hendricks het hy verder oor sy verhouding met die media uitgebrei.

“Ek het destyds gesê: ‘We’ll pull a rat out of the hat’. Nou as hulle (die rugbyskrywers) net ’n bietjie verder gedink het, sou hulle besef ek was 20 jaar lank ’n onderwyser, so ek het (spreekwoorde) vir kinders geleer, ek ken daardie goed.

“Met ‘rats’ het ek na hulle verwys, die rugbyskrywers. As hulle dan dink ek is onnosel, is dit so. Ek het hulle gespeel en ek het hulle gehad net waar ek wou.

“Ek het my digterlike vryheid gebruik om dinge te sê soos wat ek dit wou sê.”


Meer oor:  Bokke  |  Black Lives Matter  |  Springbokke  |  Peter De Villiers  |  Rugbyskrywers  |  Blm  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.