Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Dobbo wil jonges nóg ’n speelkans gee
Labeeb Levy neem waar as die Stormers se hoofafrigter vir Vrydag se wedstryd teen die Bulle op Loftus Versfeld. Foto: Gallo Images

Die Stormers se senior Springbokke gaan nie ’n terugkeer na die beginspan maak vir Vrydagaand se voorbereidingswedstryd teen die Bulle op Loftus nie.

Daar is verwag dat die Stormers hul sterre in die laaste twee wedstryde teen die Bulle en Leeus sou inspan om hulle so skerp as moontlik te kry vir die Reënboogbeker-reeks, maar dit lyk asof van hulle hoogstens as plaasvervangers speelkans sal kry.

Labeeb Levy, die waarnemende hoofafrigter vir dié wedstryd, kondig Woensdag sy span aan.

John Dobson, wat weer aan die stuur sal wees wanneer die Reënboogbeker-reeks in April begin, wil op lang termyn werk.

“Ons verwag dat ons in die Pro16-reeks dikwels sonder ons Springbokke gaan wees (wanneer hulle op nasionale diens is tydens die Rugbykampioenskap en jaareindtoer). Indien ons tweede voorry Neethling Fouché, Ali Vermaak en Scarra Ntubeni is, beteken dat ons ook ons volgende voorry moet blootstelling gee,” sê hy.

Nie almal is universiteitstudente nie en dan kyk ’n mens dalk na die Curriebeker-reeks. So dis beter om nou met hulle te volhard.
John Dobson

“Wat my ’n bietjie bekommer, is wanneer die jong spelers weer hierna gaan speelkans kry. Nie almal is universiteitstudente nie en dan kyk ’n mens dalk na die Curriebeker-reeks. So dis beter om nou met hulle te volhard.

“Dalk sal ons volgende week (teen die Leeus) die Bokke laat speel sodat hul eerste wedstryd sedert die Curriebeker-halfeindstryd van 23 Januarie nie eers weer op 17 April is nie.

“Ons kan dalk ’n paar van hulle hierdie week geleidelik blootstelling gee en dan almal teen die Leeus gebruik, hetsy dit op die plaasvervangersbank of in die beginspan is.”

John Dobson

Enige nederlaag, ongeag die konteks, is ’n bitter pil om te sluk. Daarom het dit seergemaak dat die Stormers ’n voorsprong prysgegee het om hul eerste voorbereidingswedstryd teen die Cheetahs te verloor. Die oorwinning met 38-32 oor Griekwas in Kimberley was uiteindelik broekskeur nadat die Stormers toe ook met 38-13 voor was. Weer eens pla dit nie vir Dobson nie.

“Die o.21-spelers het verlede jaar vier wedstryde gespeel, daar was laas in Maart verlede jaar Varsitybeker-wedstryde, daar was nie ’n SuperSport-uitdaagreeks nie en geen klubrugby is gespeel nie,” sê hy.

“Dit kan gebeur dat ’n speler wat nou gekies word, laas in September 2019 gespeel het. So hoe meer geleenthede ons aan die spelers kan gee, hoe beter.

“Ons het vir die spelers gesê ons kan hulle nie op grond van 30 minute teen Griekwas beoordeel nie. Ons het geweet dat ons in die pylvak van die wedstryd teen Griekwas swaarder sou leef. Selfs wanneer jy op volle sterkte is, is Griekwas ’n taai teenstander.”

Ons het geweet dat ons in die pylvak van die wedstryd teen Griekwas swaarder sou leef.
John Dobson

In dieselfde asem sal die waarnemende hoofafrigters – in hierdie geval Levy, Rito Hlungwani teen Griekwas en volgende week Dawie Snyman teen die Leeus – nie volgens die telbord beoordeel word nie.

Trouens, Levy het Dobson reeds beïndruk.

“Labeeb het ’n baie goeie aanbieding vir die span gedoen wat die plan vir Vrydag betref,” sê Dobson.

“Om die ervaring betekenisvol te maak, moet dit ook met druk gepaard gaan. Dit sal nie die geval wees as ek sê ‘doen dit of dat’ en sê wanneer spelers van die plaasvervangersbank af opgestuur moet word nie.”

Meer oor:  John Dobson  |  Dawie Snyman  |  Labeeb Levy  |  Kaapstad  |  Pretoria  |  Kimberley  |  Voorbereidingsreeks  |  Afrigter  |  Rugby  |  Stormers  |  Bulle
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.