Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Dobson soek adjudant vir Jantjies
Paul de Wet, wat onverwags as die Westelike Provinsie se skrumskakel gekies is vir Saterdag se Curriebeker-rugbywedstryd teen die Goue Leeus, oefen Donderdag op Nuweland.Foto: Gallo Images
Josh Stander is die WP se losskakel vir Saterdag se wedstryd teen die Goue Leeus. Foto: Gallo Images

John Dobson, die Westelike Provinsie se afrigter, is op soek na ’n adjudant vir Herschel Jantjies op skrumskakel vir die Stormers in aanstaande jaar se Superrugby-reeks.

Dáárom het die Streeptruie se breier Donderdag die onverwagse skuif gedoen om vir Paul de Wet die nr. 9-trui te gee vir Saterdag se Curriebeker-wedstryd teen die Goue Leeus op Nuweland. Justin Phillips is uit die 23-tal gepos.

“Paul is reeds vir aanstaande jaar gekontrakteer en ons weet die uurglas loop leeg vir Jano Vermaak se loopbaan. Herschel gaan ons voorkeur-skrumskakel wees, maar wie staan volgende in die tou? Ons kan nie ’n speler in die CB-reeks oor die hoof sien en dan in die Superreeks vir hom sê hy staan tweede in die tou nie,” het Dobson met die bekendmaking van sy span gesê.

“Paul is ’n baie opwindende speler. Hy het die X-faktor wanneer hy ’n lopie van agter die oond maak en is ongelooflik vinnig. Hy kan ook vleuel speel,” sê Dobson.

Daarin kan waarskynlik gelees word dat daar onsekerheid oor Phillips se toekoms by die WP is.

Op losskakel lol Jean-Luc du Plessis se heupe weer – ’n chroniese besering wat elke nou en dan opvlam. Dobson vrees dat dit vorentoe ’n konstante tema in Du Plessis se loopbaan kan wees.

Du Plessis was ook verlede Saterdag van stryk in die WP se nederlaag van 27-32 teen die Haaie in Durban.

Josh het goed gevaar toe hy opgestuur is en ons sou hom altyd op ’n kol ’n geleentheid in die beginspan gegee het.
John Dobson

“Dis ’n kwessie van werkslading en Jean-Luc het ruskans nodig. Hy het nie vandeesweek geoefen nie. Ons pos hom nie. Josh het goed gevaar toe hy opgestuur is en ons sou hom altyd op ’n kol ’n geleentheid in die beginspan gegee het,” sê Dobson.

Du Plessis het volgens Dobson ’n “baie ongewone” probleem met sy chroniese besering. “Hy is al ’n keer of twee Amerika toe om dit te probeer regdokter,” sê hy.

John Dobson

“Die een voordeel van die kort CB-reeks, wat hopelik vir ons in die eerste week van September gaan eindig, is dat Jean-Luc vier maande sal hê om te herstel voor die begin van die volgende seisoen.”

Volgens Dobson is die Springbok-kaptein, Siya Kolisi, baie naby aan fiks, maar kon hy nog nie oorweeg word nie.

“Siya het vandeesweek voluit geoefen. As ons nie aanstaande naweek ’n loslootjie gehad het nie, sou hy dan reeds gespeel het,” sê hy.

Die WP het nietemin woema in sy losvoorspeler-kombinasie gekry met Sikhumbuzo Notshe wat terugkeer op agtsteman ná ’n groot impak van die plaasvervangersbank af teen die Haaie. Jaco Coetzee bevind hom gevolglik op die plaasvervangersbank.

Dillyn Leyds is op heelagter nadat hy uit die Bok-kamp vrygestel is, wat beteken dat SP Marais vleuel toe skuif in die plek van Edwill van der Merwe.

In die voorry vervang Carlu Sadie vir Wilco Louw as vaskopstut, wat ’n rotasie is.

Die WP is:
Dillyn Leyds, Seabelo Senatla, Ruhan Nel, Dan Kriel, SP Marais, Josh Stander, Paul de Wet, Sikhumbuzo Notshe, JD Schickerling, Ernst van Rhyn, Chris van Zyl (k), Salmaan Moerat, Carlu Sadie, Scarra Ntubeni, Corné Fourie. PLAASVERVANGERS: Chad Solomon, Kwenzo Blose, Wilco Louw, David Meihuizen, Jaco Coetzee, Godlen Masimla, Edwill van der Merwe, Sergeal Petersen.

Curriebeker-bepalings

Curriebeker-puntelys

Curriebeker-uitslae

Meer oor:  John Dobson  |  Kaapstad  |  Nuweland  |  Curriebeker  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.