Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Dobson tot redding om sterre te hou

Steven Kitshoff bly ’n Stormer. Pieter-Steph du Toit ook.

Die Springbok-brekers se besluit om hul ankers in Kaapse water te hou, is onder meer beïnvloed deur die Westelike Provinsie se proaktiewe optrede om John Dobson nou reeds as die Stormers se hoofafrigter vir volgende jaar aan te wys.

Pieter-Steph du Toit

Dobson self het die afgelope tyd agter die skerms ingespring om van sy sterre te help behou. Een van die groot redes waarom hy nou in Nieu-Seeland is, is juis om die spelers te oortuig om met die oog op volgende jaar se Superreeks in die Kaap te bly.

Rapport verneem Curwin Bosch is boonop ook in gesprekke met die Kaapse rugbybase om sy loopbaan daar terug op koers te kry. Selfs sy Haaie-spanmaat Leolin Zas se naam word genoem as ’n moontlike Kaapse aanwins.

Eben Etzebeth se kontrak met Toulon was reeds beklink voordat Dobson by die Stormers betrokke geraak het en die Bok-slot het deur die Dobson-net geglip. Etzebeth is beslis op pad oorsee en Dobson sal sy planne vir 2020 sonder hom moet maak.

Kitshoff se besluit om te bly sal ondersteuners van die Kaapse franchise net soveel as vir Dobson verheug. Hy het ’n reuse-aanbod van Sale Sharks gehad en was op die randjie om dit te teken voordat hy kop uitgetrek het. Die WP het geldelike hulp van buite én die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) gekry om hom te behou.

Du Toit gaan ondanks verskeie bewerings dat hy ’n kontrak met ’n oorsese span gesluit het, nêrens heen nie.

Frans Malherbe, nog ’n Kaapse Bok, het volgens Rapport se inligting aangedui hy bly in die suide. Met Malherbe, Wilco Louw en Carlu Sadie sal die Stormers volgende jaar moeilik in trurat aan die vaskopkant gedruk word.

Curwin Bosch. Foto: Gallo Images

* Bosch se moontlike skuif Kaap toe sal nie deur baie as ’n verrassing beskou word nie.

Hy sukkel om ’n plek in die Haaie se beginspan oop te speel. Sy verdediging is ’n swakplek, maar hy het een van die gevaarlikste skopskoene in die land. Niks skort ook met sy aanvallende spel nie.

Bosch het die afgelope tyd ook belangstelling van die Bulle gehad.

Zas kry op sy beurt min speelkans in Durban met Bok-vleuels soos S’bu Nkosi en Makazole Mapimpi daar.

Hy toets in dié stadium nog net die water om te sien of hy by die Stormers meer speelkans sal kan kry.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.