Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Doen nóú aansoek vir kaartjies
John Smit het die Springbokke gelei toe hulle die Britse en Ierse Leeus in 2009 met 2-1 in die spanne se toetsreeks verslaan het. Foto: Gallo Images

Die aanlyn lotingstelsel waarmee rugbyliefhebbers hul naam in die hoed kan gooi vir kaartjies vir volgende jaar se toer van die Britse en Ierse Leeus, het Woensdag om 10:00 “geopen”.

Die Leeus sal in 2021 agt toerwedstryde, waarvan drie toetse teen die Springbokke, in Suid-Afrika speel.

Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) sê in ’n verklaring die lotingproses, soortgelyk aan die stelsels wat gebruik word vir ander groot sportgebeurtenisse, bied ondersteuners ’n unieke geleentheid om kaartjies vir die toer te koop.

Jurie Roux, Saru se uitvoerende hoof, het verlede maand gesê die lotingstelsel gee almal ’n gelyke kans en dat die integriteit van die proses van groot belang is.

Die Leeus kom op 3 Julie in Kaapstad in hul eerste wedstryd teen die Stormers te staan.

Mense kan by www.lionstour2021.co.za vir enige van die agt wedstryde (met ’n beperking van agt kaartjies per wedstryd) aansoek doen.

Die afsnydatum is 16 September om 23:59, waarna diegene wie se aansoeke suksesvol was aan die einde van die maand in kennis gestel sal word.

Saru sê dit is te oordeel na die duisende ondersteuners wat vooraf geregistreer het (op www.lionstour2021.co.za) duidelik daar is enorme belangstelling in die toer.

Roux het gesê die meeste van die kaartjies word vir die Suid-Afrikaanse mark beskikbaar gestel.

“Ons het doelbewus wegbeweeg van die scenario wat ons in 2009 gehad het en het die meeste van die kaartjies vir Suid-Afrikaanse ondersteuners en die plaaslike korporatiewe en onthaalbedryf gehou,” het Roux benadruk.

Die Springbokke was die vorige keer toe die Leeus na Suid-Afrika getoer het – in 2009 – ook die wêreldkampioene.

John Smit se span het die Leeus met 2-1 in die toetsreeks geklop.

• Die drie toetse word op 24 Julie (FNB-stadion), 31 Julie (Kaapstad-stadion) en 7 Augustus (Ellispark) gespeel. Die pryse van die toetskaartjies wissel van R500 tot R3 000 per persoon.

Meer oor:  Bokke  |  Toetsrugby  |  Britse En Ierse Leeus  |  Springbokke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.