Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Dok: ‘Gevaar te groot vir rugby om te begin’

Enige vorm van rugby voor September sal die welsyn van spelers in gevaar stel, sê dr. Jan Marais, mediese dokter en voorsitter van die Griffons Maatskappy. Hy beskryf ook maatreëls om die regering se guns te wen en spelers so gou moontlik terug op die oefenveld te kry as belaglik.

Marais sê die handhaaf van fisieke afstand is die enigste beskerming teen die koronavirus. Rugby as kontaksport maak dit onmoontlik

“Dit beteken dat rugbyspelers altyd die gevaar sal loop om die siekte op te doen omdat dit ’n kontaksport is waar fisieke afstand onmoontlik is,” sê Marais.

Dit sal ongelukkig nie kan gebeur sonder dat daar ’n entstof of teenmiddel beskikbaar is nie.

Hy meen ’n teenmiddel vir die virus kan moontlik op die vroegste begin 2021 beskikbaar wees, hoewel September 2021 ’n veel meer realistiese datum vir ’n teenmiddel sal wees.

Marais meen totdat daar ’n entstof beskikbaar is, kan jy niemand enige beskerming bied behalwe deur sosiale afstand en persoonlike higiëne nie.

“Dit beteken ons gaan nie vanjaar rugby speel nie en waarskynlik ook nie in die eerste deel van 2021 nie.

“Ek verstaan dat SA Rugby so gou moontlik wil hê die spel moet weer gespeel word om sodoende inkomste van borge en mediaregte te verkry. En dat ons dus so gou moontlik wil terugkeer na oefening sodat ons kan terugkeer na die speel van kompetisies.

“Maar dit sal ongelukkig nie kan gebeur sonder dat daar ’n entstof of teenmiddel beskikbaar is nie. Nie as ons die welsyn van die spelers voorop stel nie.

“Dit is dus belaglik om nou sinlose maat­reëls in plek te stel net om die regering se toestemming te kry om weer te begin met kontaklose fiksheid- en kragoefeninge.”

Jy kan by die toetslokaal uitstap en met jou eerste kontak daarna die siekte opdoen.

Weens die impak van die dodelike virus glo hy ook nie die Eerste Liga van die Curriebekerreeks moet vanjaar plaasvind nie.

Die PCR-toets vir die koronavirus is boonop volgens Marais ’n groot bykomende uitgawe vir unies. Die toetse toon slegs aan of die persoon op die oomblik dat die toets gedoen word, positief of negatief is.

“Jy kan by die toetslokaal uitstap en met jou eerste kontak daarna die siekte opdoen. Wanneer jy twee tot vyf dae later by die oefenveld aankom, kan jy gevolglik al jou medespelers aansteek.

“Die PCR is slegs van waarde in ’n kontakspel as jy dit elke twee tot vyf dae op elke speler gaan doen.

“Die PCR-sensitiwiteit is egter sodanig dat indien dit negatief is, jy steeds geen sekerheid het dat jy nie die siekte onder lede het nie. Al wat dit beteken, is dat die virus op die oomblik van toetsing nie positief wys nie.”

Eduard Coetzee, uitvoerende hoof van die Haaie, het die afgelope week in ’n mediaberig gesê een ronde van die toetse vir die koronavirus kos sowat R60 000.

Die verwagting is dat die piek van die siekte Suid-Afrika eers in September sal bereik.

“Om dus voor daardie tyd met kontak te begin sonder dat fisieke afstand en handreiniging toegepas kan word, is nie tot voordeel van die welsyn van ons spelers nie.

“Ek ondersteun ook die denkrigting dat die Curriebeker se Eerste Liga vir vanjaar gekanselleer moet word.

“Dit beteken dat ons nie nou uitgawes hoef aan te gaan vir die terugkeer na oefening nie en nie ná 31 Augustus spelers hoef te kontrakteer met geld wat ons nie het nie.”

  • Marais meen rugby is in Nieu-Seeland en Australië moontlik omdat die lande teen eergister nog net onderskeidelik 1 542 en 9 377 bevestigde gevalle van die virus het teenoor Suid-Afrika se sowat 238 339.
  • SA Rugby het in ’n skrywe aan die regering versoek dat die Premierliga, Eerste Liga, o.21-liga en vroueliga almal op 29 Augustus begin.
Meer oor:  Koronavirus  |  Koronavirustoets  |  Sa Rugby  |  Covid-19  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.