Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Pivac soek ligpunte ná louwarm sege
Wayne Pivac, Wallis se afrigter, voor sy span se Nasiesbeker-wedstryd Saterdag teen Georgië. Foto: Reuters

Dit was nie volmaak nie, maar Wayne Pivac, Wallis se breier, is nietemin verheug dat sy span ná ses agtereenvolgende nederlae weer op die wenpad kon kom.

Die Rooi Drake het Georgië Saterdag in Llanelli met 18-0 in hul Groep A-kragmeting van die Nasiesbeker-reeks geklop.

“Die gebiede waarin ons verwag het dat Georgië ons sou teiken, soos die skrums en rolmale, het baie goed afgeloop,” sê Pivac.

“Dit was nie die beste toestande om die bal lug te gee nie, hoewel ons met tye probeer het. Ons het sommige spelers vir die eerste keer gesien en hulle het goed gevaar.”

Die flank James Botham, die kleinseun van die gewese Engelse krieketspeler Ian Botham, het sy buiging gemaak. Dit was ook die debuutwedstryd van die skrumskakel Kiran Hardy, senter Johnny Williams en losskakel Ioan Lloyd.

Daar was ’n paar goeie vertonings. Dit is ver van perfek, maar dit was ’n tree in die regte rigting.
Wayne Pivac

“Daar was ’n paar goeie vertonings. Dit is ver van perfek, maar dit was ’n tree in die regte rigting.

“Ons vaste fasette het nie regtig goed gefunksioneer in die laaste twee wedstryde nie. Dit was ’n groot probleem vir ons, maar ons het daaraan gewerk en op ’n droër dag sou ons nóg meer gevaarlik gewees het.”

Pivac sal sy beste moontlike span kies vir volgende naweek se belangrike kragmeting met Engeland in Llanelli. Die Drake benodig ’n groot bonuspuntsege teen die Rose om ’n kans te staan om boaan Groep A te eindig.

Die Engelse het hul kragmeting met Ierland Saterdag op Twickenham met 18-7 gewen en beklee die eerste plek in Groep A. – Reuters

Meer oor:  Wayne Pivac  |  Georgie  |  Wallis  |  Rooi Drake  |  Groep A  |  Afrigter  |  Rugby  |  Nasiesbeker-Reeks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.